Nóg aanklagte teen vermeende reeksverkragter

Foto: Brenda Masilela/ANA

ʼn Vermeende reeksverkragter, wat in hegtenis geneem is in verband met minstens 19 sake van verkragting, het Donderdag in die landdroshof in Pretoria verskyn. Nog 13 aanklagte sal teen hom aanhangig gemaak word, gebaseer op DNS-bewyse, het die hof gehoor.

Die saak teen die 28-jarige man is uitgestel vir verdere ondersoek en om ʼn identiteitsparade te hou.

Staatsaanklaer Kagisho Rancho het die hof vir uitstel gevra sodat die 13 aanklagte op die klagstaat bygevoeg kan word. Die verdagte staan tans tereg op 19 aanklagte van verkragting wat in Pretoria-Wes, Atteridgeville en Vuwani in Limpopo plaasgevind het.

Volgens die polisie het 17 slagoffers na vore gekom wat tussen Junie 2015 en Junie 2019 verkrag is. Sewentien van die verkragtings het in Pretoria-Wes plaasgevind.

Die man, wie se naam weerhou word totdat hy op die aanklagte gepleit het, is op 16 Julie 2019 in hegtenis geneem. “Die verdagte het slagoffers genader wat alleen gestap het en hulle met ʼn skroewedraaier of ʼn mes gedreig. Hy het hulle waardevolle besittings geroof ná die verkragting,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die man het glo alleen opgetree.

Die saak is tot 28 Augustus 2019 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christa ·

Nou Sal Al Sy straf weer saam uitgedien word. Hy Moet Al Sy straf appart uitdien, e’en na die ander

Db ·

‘n Tikkie op die hand en daar gaan jy boetie. Gaan voort met jou verwoesting van vrouelewens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.