Nóg ʼn aantyging teen Mkhize

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Daar word nou beweer dat Digital Vibes, ʼn omstrede kontrakteur, vir instandhoudingswerk aan een van Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se eiendomme betaal het.

Scorpio, die ondersoekende eenheid van Daily Maverick, berig Digital Vibes het minstens twee betalings aan ʼn kontrakteur gedoen vir instandhoudings- en herstelwerk aan ʼn Johannesburgse eiendom in die besit van die minister se familietrust.

Luidens die berig het Digital Vibes ook minstens R300 000 aan ʼn maatskappy oorbetaal wat deur Mkhize se seun besit word. Dié betaling is in Mei verlede jaar aan All Out Trading gedoen, ʼn entiteit met Dedani Mkhize (33) as die enigste direkteur.

Nie een van die geïmpliseerdes het op Scorpio se navrae hieroor gereageer nie.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig Mkhize het gesê nie hy of sy departement gaan in dié stadium reageer op bewerings dat mense na aan hom voordeel getrek het uit die omstrede Covid-19-kontrak met Digital Vibes nie.

Dié besluit is volgens die minister geneem om te verseker dat daar nie ingemeng word met die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek nie.

Ook pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag aan verslaggewers gesê hy gaan wag vir die uitkoms van die SOE se ondersoek voordat hy hom uitlaat oor die bewerings teen sy minister van gesondheid.

ʼn Storm het vroeër om die kop van Mkhize losgebars nadat vertrouelinge van die minister, asook ander partye, glo sowat R90 miljoen in betalings ontvang het van ʼn R150 miljoen-kontrak vir kommunikasie wat met Covid-19 en die nasionale gesondheidsversekering verband hou.

Digital Vibes is volgens Scorpio na bewering selfs betaal om Mkhize se mediakonferensies te skeduleer.

Digital Vibes word bestuur deur Tahera Mather, ʼn vriend van en voormalige woordvoerder vir Mkhize, asook Naadhira Mitha, Mkhize se voormalige persoonlike assistent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

JohanR ·

Hoe lekker lag ek nou. Ja nee MakersMark, hy gaan die situasie nou probeer gesond maak.

Boon ·

Die pessimiste kan moed skep dat die get gedrag het teen die groep in die ANC wat hulle poste gebruik het om himself te verryk ten koste van die land en sy burgers. Al hoe meer koppe gaan rol soos die proses momentum key. En soos altyd moet ons daardie journalists en waghondorganisasies be dank vir hulle vasberadenheid on onreg te ontbloot en skelms tot verantwoording te diep. Ondersteun hulle asb motel en finansieel.

Keith ·

Even if his fingerprints are all over the jar of sweeties, the man and his family will deny any knowledge or any wrongdoing. Any SOE/SIE appointed by the ANC to “investigate” will be a huge waste of time and money, because the suspects will be investigating the suspects. Our people just don’t know when to stop plundering and looting.

Nie Verbaas ·

Daar sal weer een of ander lam verskoning wees of n klein vissie sal weer onder die was gegooi word. Hy sal niks oorkom nie.

Dup ·

Sal die eerlike A en C lede asseblief opstaan…………..ons wag in spanning…..?

jzjz05 ·

Tem saam met Gatgogga ;Dit is waar ,almal sal opstaan want al die ANC”s glo hulle is eerlik.maak nie saak vat die aantuigings teen hulle nie.

Pieter ·

En hy sal – weereens – onskuldig pleit want die geld is nie direk aan homself betaal nie……

Hierdie korrupsie maak my siek!!

Kobus ·

Dup,ek dink my kans op swangerskap is beter ! Liewe genade,skaamteloos en dikvellig. En nie een is skuldig nie. Almal ontken dit. Die redes / verskonings wat aangevoer word is lagwekkend. Hy is ook een van die swakste ministers wat ons het.

Jacobus ·

Dit is seker dié dat syfers wat verkeerd of verouderd is van tyd tot tyd reggestel moet word. Wat is ‘n mistykie of twee nou tussen vriende? Weereens die miskenning van begrip van “verantwoordelik” en ” aanspreeklik”.

Jr ·

Daar is nie een van hulle met skoon hande. En DITis die hoof rede hoekom nie een in die tronk is. Daar is te veel vuil wasgoed wat rond lê

Spyker ·

Niemand het seer gekry nie, dus is dit heeltemal in orde, (Aldus Jacob Zuma)

Tanniepetoors ·

Begin al hoe meer lyk of Ramaphosa die onbevoegdes genoeg tou wil gee om hulself te hang. Ek hoop ek is reg.

JohanR ·

Kyk hoe duck en dive die ou nou…..duck en dive!. Later sal die deny deny deny, en dan delay delay delay. Is dit nou al die D’s…..duck, dive, deny, delay?

Persheks Adri ·

Cyril gaan hom “cover” gggmmmfff dis om van te kots! Gaan lekker met ons geld ne verpestelike regering! Kom kom ons wag in spanning dat almal in regering geld terug betaal en gaan sit…

annie ·

Nee. mister Pokerface het ‘n te vername joppie en toekoms wat wag. CR sal ‘n goeie rede gereed hè waarom ons geagte minister moet aanbly. Zweli kan natuurlik altyd die minister van finansies word of ons minister van buitelandsee sake vir skadebeheer.

Yvonne ·

Wat n gemors…is hier dan in die parlement nie een persoon wat eerlik is nie…tragies tragies

Flip ·

Hulle sal almal tronkstraf kry wanneer daar nie meer geld is om die tronke aan die gang te hou nie…..

Jack ·

Janee die rokie lyk vir my baie na n groot vuur. Hoop hy en sy gesin braai lekker omdat armes moes sterf vir hul vraatsugheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.