Nog aardskuddings in SA verwag

Die episentrum van die aardbewing naby Orkney in Vrystaat.

Die episentrum van die aardbewing naby Orkney in Vrystaat.

Seismoloë sê nog aardskuddings sal na verwagting die volgende paar dae oor die land voorkom, berig die Saturday Star.

“Ek verwag daar sal minstens twee of drie skuddings van ‘n magnitude vier oor die volgende week of twee voorkom,” het dr. Chris Hartnady, tegniese direkteur van Umvoto Africa, aan die koerant gesê.

“Dikwels gebeur dit dat die eerste skudding geboue beskadig maar dan is dit baie keer die kleiner naskokke wat ‘n gebou kan laat ineenstort.”

Hartnady sê indien mense ‘n beskadigde gebou weer binnegaan voor die naskokke verby is, dit lewensgevaarlik kan wees.

Michelle Grobbelaar, ‘n seismoloog by die Raad op Geowetenskap, beaam dat daar nog aardbewings verwag kan word, aldus die berig.

“Die praktiese reël in seismologie is dat die geskiedenis hom herhaal. Dit kan gebeur dat daardie magnitudes (van 5.5) terugkom. Ons kan nie sê wanneer dit gaan gebeur nie maar ons kan nog een verwag,” het sy aan die koerant gesê.

‘n Aardbewing met ‘n magnitude van 5.5 het Dinsdag naby Orkney getref en is in groot dele van die land gevoel.

Grobbelaar sê naskokke in Orkney en Klerksdorp word gemonitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.