Nóg ActionSA-hoës bedank uit Jhb-raad

Stadsraad Johannesburg (Foto: Gauteng ANC/Twitter)

Nog twee lede van ActionSA het as raadslede van die Stad Johannesburg bedank. Dit volg etlike weke ná die bedanking van hul leier, Herman Mashaba, as raadslid van dié stad.

John Moodey en adv. Gillian Benson van die ActionSA-senaat het Maandag hul skriftelike bedanking ingedien. Hulle sal tot einde Februarie nog as raadslede dien.

Mashaba het einde Januarie sy bedankingsbrief ingedien.

Volgens Michael Beaumont, nasionale voorsitter van ActionSA, moet al die hoës van ActionSA nou daarop fokus om die party in al nege van die land se provinsies te laat groei en die slagordes te begin opstel om die ANC in 2024 in die volgende nasionale verkiesing die stryd aan te sê.

“Daarom moet Moodey, in sy hoedanigheid as ActionSA se provinsiale voorsitter in Gauteng, al sy fokus plaas op die ondersteuning van al die party se strukture regoor Gauteng,” sê Beaumont.

“Adv. Benson sal daarop fokus om ons regsbevoegdheid op ʼn senaatsvlak te versterk en die regs- en dissiplinêre kwessies te bestuur soos dit opduik. Benson sal ook deel sal wees van ons beleidspan – wat werk aan ʼn voorstel vir die hervorming van die regstelsel voor 2024.”

Die bedanking van Moodey en Benson sal nou twee potensiële kandidate ʼn geleentheid bied om dié twee lede se plekke in die raad te vul en die nodige munisipale regeringservaring op te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Heinrich ·

Lyk my Mashaba het ‘n manier om in posisies te kom, te loop en almal wat hom daar gekry het te drop vir iets anders, nou het hy tot ‘n klomp volgelinge wat dieselfde doen. Belowe een ding en loop dan weg; ook maar tipies politikus.

Perdeby ·

Ai Mnr het jy gelees hoekom hulle uit die raad bedank het? Hulle is nog steeds ActionSA lede hulle begin solank lede te werf deur al die 9 provinsies vir die 2024 verkiesing!!!!!!!

Piet ·

Behalwe as cANCer self gaan val. Dit gaan kom, weet net nie of almal se geduld dit sal uithou tot dan nie…..

Waarnemer ·

En so gaan mdie AnC weer uiteindelik beheer oorneem van Johannesburg…al die ander party se lede bedank een een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.