Nog angorabokke keelaf gesny

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die veediefstaleenheid van die Uitenhage-polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen vir inligting ná ʼn tweede voorval die afgelope maand in die Oos-Kaap waar angorabokke keelaf gesny is.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê in die jongste voorval is 30 angorabokke Maandagaand op ʼn plaas in die Kirkwood-gebied keelaf gesny.

“Al die karkasse is verwyder.” Slegs bloedkolle op die grond het getuig van wat plaasgevind het.

Op 13 Februarie is daar ook ʼn saak by die veediefstaleenheid aangemeld nadat 30 ooie keelaf gesny is. “Die karkasse is na die teerpad gesleep en in ʼn voertuig gelaai.” Die waarde van die geslagte bokke was sowat R45 000.

Swart het gesê enigiemand met inligting word versoek om kapt. Gary du Randt te bel by 082 958 9099 of die veediefstaleenheid by 041 996 3343.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jennefer ·

Nog n manier om boere van plase af te kry.

Nog n manier om boere van plase af te kry.

MisDemeanor ·

Ek het niks tyd vir spekulasie nie. Mens kan mens self enige iets verbeel, maar as jy dan jou verbeelding begin glo ook dan het jy kontak met rialiteit verloor.

griet ·

ai, tragies, ek hoop die skuldiges word gevang en sal die nodige vonnisse opgelê word. Sterkte aan die boere wat die verliese ly.

carl ·

Tipies dink net om nou die maag vol te kry.More bestaan nie. Kan nie sover vooruit dink nie.Daar is geen insig of mentaliteit nie. Niks. Jy kan dus nie met n lee dop probeer redeneer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.