Nóg beamptes vas oor lisensiekantoor-korrupsie

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Nog amptenare by Johannesburg se twee lisensiedepartemente is Donderdag op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem.

Die Stad Johannesburg het gesê die ses inhegtenisnemings Donderdag bring die getal amptenare wat tot dusver vir korrupsie vasgetrek is op 14 te staan. “Die oorblywende 100 lisensiebeamptes wat in die forensiese verslag geïdentifiseer is, sal in die komende weke in hegtenis geneem word,” is bekendgemaak in ʼn verklaring.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ondersoek deur die stad se interne forensiese ondersoekeenheid, onder leiding van genl. Shadrack Sibiya, het grootskaalse korrupsie by die departement oopgevlek. Volgens die verslag het die stad R14 717 444 in 972 beweerde korrupte transaksies verloor.

“Ons het vinnig opgetree om te verseker dat 72 van die beweerde korrupte lisensiekantoorbeamptes wat geïdentifiseer is uit hul poste geskors is. Al 72 beamptes is die geleentheid gegee om redes te verskaf hoekom hulle nie geskors moet word nie. Hierdie redes was egter nie voldoende nie. Ons hoop om die dissiplinêre verhore so vinnig moontlik te hou. Die gepaste regsprosesse sal deurentyd gevolg word,” lui die verklaring.

Vier van die beamptes wat vandag in hegtenis geneem is, was by die Martindale-lisensiekantoor, terwyl die ander twee van die Langlaagte-departement is.

Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het vroeër gesê hy sal alles in sy vermoë doen om korrupsie onder die openbarediens-amptenare uit te roei.

Die amptenare wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Mooi man hou so aan. Daar is nog baie instansies om te ondersoek. Ons steun julle.

Skim ·

En nou wil hulle binnekort almal dwing om wanneer hullle hulle lisensies laat hernu WEER ‘n praktiese toets te doen. Soos dit is kan hulle nie die nuwe aansoeke hanteer nie, maar hulle sien kans vir Praktiese toetse wanneer jy vir jou lisensie hernuwing gaan .. Dit gaan net nog meer chaos wees .. seker ‘n lekker geldmaakpraktyk ook …

Pierre Heenen ·

Dit is hoogtyd, hoop die siviele persons betrokke word ook in hegtenis geneem. Viva Mashaba Viva. Mag die res van die land volt.

humor ·

Sjoe die hele staatsbestel is een morsige rowerspelonk. Is daar ooit onkreukbares wat hul poste weer kan vul.

rudi ·

So bly. Duisende word op die paaie vermoor agv gekoopte lisensies. Daar is duisende reg oor land wat moet volg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.