Nóg beseerdes gevind ná struktuur ineenstort

Die struktuur se dak het ineengestort (Foto: Netcare911)

Altesaam 14 mense is beseer nadat ʼn struktuur by die Jakaranda-sentrum in Rietfontein, Pretoria, inmekaargestort het. Dit is heelwat meer as die aanvanklike getal wat aangemeld is.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, is vier van die 14 mense ernstig beseer, terwyl die ander 10 geringe beserings opgedoen het.

Een persoon het aan sy beserings beswyk.

Die beseerdes is met behulp van snuffelhonde onder die puin uitgesnuffel.

Loubser sê die ernstige beseerdes is op die toneel deur paramedici behandel, waar hulle toe daarna na verskeie hospitale vir verdere mediese behandeling geneem is.

Nooddienste was teen die middag steeds op die toneel (Foto: Netcare911)

Al die beseerdes is konstruksiewerkers wat glo Donderdag net voor 12:00 besig was met opknappingswerk aan die struktuur toe dit skielik meegegee het.

Loubser het vroeër aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik wat presies die struktuur se ineenstorting veroorsaak het nie.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het intussen gesê verslae vanaf die toneel dui daarop dat die werkers besig was om sement op die boonste verdieping te gooi toe die struktuur skielik ineenstort.

Netcare911 en die Ambu-Link-nooddiens was saam met die polisie en brandweer op die toneel.

Nooddienste is steeds op die toneel en snuffelhonde is ook nog besig om na beseerdes te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Anel

Kyk wie het die tender gekry en gaan die materiaal wat gebruik is na. Alles minderwaardig, goedkoop om sodoende meer in die sak te steek. Kyk maar na al die plekke wat gebou en ineenstort deesdae. Geen trots in dit wat gedoen word nie. Alles gaan oor geld.