Nóg beurtkrag lê hierdie week voor

(Foto: Yaoqi LAI)

Eskom het aangekondig dat daar Sondag om 23:00 tot Maandag om 05:00 na fase 1 van beurtkrag afgeskaal gaan word.

Fase 2-beurtkrag word dan weer hervat.

Eskom sê daar was ʼn vertraging met die inwerkingstelling van sommige opwekkingseenhede, asook ʼn behoefte om die noodopwekkingsreserwes te bestuur en gevare in die netwerk te identifiseer.

“Fase 2-beurtkrag sal môre om 05:00 in werking gestel word. Die stelsel is steeds onder druk en kwesbaar en Eskom sal môremiddag terugvoer oor die situasie gee.”

Hy sê die inwerkingstelling van twee opwekkingseenhede by Kusile is vertraag weens probleme om dit weer aan die gang te kry. Dit sal na verwagting Maandag in diens gestel word.

Eskom sê hy het die afgelope 24 uur egter opwekkingseenhede by Kriel, Grootvlei en Duvha suksesvol in werking gestel.

“Ondanks Eskom se streng maatreëls om die uitwerking van die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie te bestuur, is daar wel ʼn uitwerking op ons bedrywighede asook dié van ons verskaffers.”

Die kragvoorsiener sê by die Medupi-kragsentrale was daar 48 positiewe gevalle uit 75 kontrakteurs, wat beteken werk kan nie soos beplan gedoen word nie.

Altesaam 6 384 MW is weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 13 181 MW weens ander probleme nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Instandhoudingswerk word nie gedoen nie. Nou moet ons almal daaronder ly – behalwe die paar plekke wat bondel-beurtkrag toepas.

Willem ·

Eskom sal hul streke nooit laat staan nie!Dit is omdat daar van al die kundigheid ontslae geraak is vir affirmative action aanstellings,dan kry jy nou hierdie gemors waarin Eskom verkeer.Selfde met al die ander staats entiteite soos,spoornet,poskantoor,sabc,landbank,telkom en alles wat anc onder hande geneem het.Alles tot in die grond vernietig deur korrupte anc!!!!!!!

Anton ·

Kan ons nie ontslae raak van die term beurtkrag nie? Wat van affirmative elektrisiteit ? Ek dink ons was te gewoond aan current privilege ????

Alet ·

Dis presies die mense wat betaal kry beurtkrag maar die masses wat nie betaal nie kry net verminderde load? Hoe werk dit? Dis hoog tyd dat almal wat nie vir iets in die land betaal nie, niks moet kry nie. Ek is keelvol vir hierdie bakhand mentaliteit en die wereld skuld my alles.

Ou bees ·

En onse president se die ekonomie moet weer opgebou word met lyk my vuurhoutjies en hout?

Persheks Adri ·

Om te dink ons betaal vir die patesiese diens pffft julle is useless verby! Enigste vertraging is julle wat NIKS kan beplan en uitvoer nie

Mariana ·

So wat is nuut. Eskom sal nou waaragtig ook die pandemie blameer vir beurtkrag maar hierdie is iets wat mos nou al lankal sukkel. Dit sal ook altyd so wees want hulle het die kundiges in pad gesteek. Ons moet dit nou maar ook deel maak van ons bestaan. Maar als rondom die krag doen. Gaan nie verbeter nie.

Suzette ·

As die onbevoegde spul ook net by die rooster hou soos wat hulle dit beskikbaar gestel het, dan kan dit ook al help met die beplanning – helaas hulle kry dit nie eens reg nie. In Bloemfontein brand baie straatligte dag en nag – absoluut belaglik. Miskien kan dit ook aangespreek word vir vermindering in kraggebruik gedurende die dag.

Kobus ·

Hoe lank gaan die SA publiek eskom se twak stories op-eet ? Hoekom begin ons almal saam nie n klas aksie om dit wat ons reg is - elektrisiteit - te bekom nie ? Hoekom was beurtkrag nooitn issue in die ou “apartheid” jare nie ? Hoekom boet ons naweke en saans krag in maar bedags is daar skielik genoeg ? Dis tyd dat ons opstaan, maar ons is magteloos gemaak deur `n eskom pak slae kort kort, ons is moeg maar kragteloos, Mnr de Ruyter se leë beloftes is reeds op die voorgrond.

Tinkie ·

Ons moet lyn fooie betaal omrede ons ń transformer “huur” as krag af is word ons nie vergoed vir die tyd wat dit af is – hulle charge geen afslag

Cd ·

Hoekom is daar dele bv sommige dele in Pta- oos wat nooit beurtkrag kry nie.
Is dit waar belangrike mense bly?
Het so iets gehoor….is dit waar?

JohanEtz ·

Eskom is erg gretig om hulle kloue in pensioen reserwes in te slaan. Hierdie is kleintaktiek… Wag en kyk…..

Genis ·

Mens moet van die huis af werk, maar daar is beurtkrag… Oggend ure is dit lekker donker vir die kaders om in te breek… Hoekom nou ewe skierlik beurtkrag, dalk omdat Cyril geimpliseer is? Cyril your “incompetent people man!”

Nic ·

eskom is pateties silverton kry 3 keer loadshedding maar pretoriaweg se strast ligte brand nou vir 3 dae dag en nag . is dit hoe dit werk of is daar mense wat se oë baie sleg is ..sê maar net

Erika ·

As jy nie instandhouding werk aan jou huis doen nie…en jou verstand reg gebruik nie – dit gaan jou boonop dubble geld kos en veiligheid compromise ..omdat jy nie dadelik iets daaraan gedoen het nie en jou geld eerder aan daardie “johnney walker’ spandeer het …. Maw jou prioriteite is verkeerd en Boonop te dom astrant om na wyse raad te luister. want al wat vir sulkes mentaliteit belangrik is is die mag ( ek kan doen wat ek wil) status(geldgierigheid) die selfsugtige eie ek want die verskaffing van dienste is minder belangrik as selfveryking en belange van ANC Party

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.