Nóg beurtkrag op pad

Suid-Afrikaners kan fase 2-beurtkrag vandag van 16:00 verwag. (Foto: Yaoqi LAI)

Eskom het bevestig dat fase 2-beurtkrag tussen 16:00 vanmiddag en 05:00 Woensdagoggend in werking gestel sal word. Kragverbruikers kan moontlik ook die res van die week beurtkrag ervaar.

Luidens ’n verklaring wat deur Eskom uitgereik is, is dié inwerkingstelling nodig weens probleme by verkeie kragstasies oor die afgelope 24 uur.

“Die beurtkrag sal ook help om die noodgenereringsreserwes aan te vul, wat aansienlik baie oor die afgelope drie weke gebruik is om beurtkrag deur die dag te vermy.”

Eskom sê voorts die verhoogde vraag na elektrisiteit tydens die wintertydperk sal waarskynlik tot die inwerkstelling van nóg beurtkrag lei.

“In hierdie stadium is 15 360 MW as gevolg van probleme by die kragstasies nie beskikbaar nie asook ’n verdere 1 580 MW weens beplande instandhoudingswerk.”

Eskom doen ’n beroep op die publiek om kragverbruik te verminder om die druk op die land se kragstelsel te verlig, en onderneem om verdere inligting bekend te maak indien daar enige verwikkelinge is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Bekotsingswaardig verby in die koue regtig!!! Klomp patete

Manie ·

Die probleem kan grootliks opgelos word dmv son en windkrag wat reeds beskikbaar is. Maar nouja dit sal nie tot voordeel van kaders wees nie

Genis ·

Maar net nog n proudly South African SOE… en die ANC juig voor die skare…

Hercules ·

Eskom lieg!! Hulle stoor krag wat na buurlande uitgevoer word!! Lyk vir my de Ruijter is ook maar net nog ‘n ANCircus pion

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.