Nog beurtkrag terwyl Eskom steier

Foto: Twitter

Eskom sê die kans op landwye beurtkrag Saterdag van 09:00 tot 22:00 bly hoog weens ʼn gebrek aan opwekkingsvermoë wat vererger word deur ʼn betoging by ʼn myn wat steenkool aan die kragvoorsiener verskaf.

Verbruikers moet daarop let dat dit langer kan duur voor sommige plaaslike owerhede die kragtoevoer herstel ná ʼn beplande kragonderbreking. Eskom raai mense wat langer onderbrekings ervaar aan om hul munisipaliteit te nader om te hoor of dit nie straks ʼn plaaslike kragonderbreking is nie, berig African News Agency.

Die kragreus het intussen verbruikers bedank wat hul kragverbruik Vrydag beperk het. “Ons sal verbruikers op die hoogte hou van enige veranderings in die stelsel. Ons vra opreg om verskoning vir enige ongerief.”

Eskom sukkel om die ligte aan te hou weens sy dalende steenkoolvoorraad, enorme finansiële probleme, twyfelagtige instandhoudingsplanne en algemene wanbestuur, berig The South African.

Korrupsie, verkwisting en onbevoegdheid het bygedra tot rampspoedige beurtkrag.

“Al verbaas beurtkrag Suid-Afrikaners, wat maar al te goed vertroud is met Eskom se probleme, waarskynlik nie, maak die ongerief wat veroorsaak word deur die kragvoorsiener se onbevoegdheid die algemene bevolking die josie in,” skryf Luke Daniel.

“Korrupsie, verkwisting en onbevoegdheid het bygedra tot rampspoedige beurtkrag, wat nie alleen massiewe ongerief veroorsaak nie, maar reusagtige ekonomiese gevolge inhou,” het Zwelinzima Vavi, gewese algemene sekretaris van Cosatu, drie jaar gelede al gesê.

Hy het toe gesê onbetroubare kragvoorsiening is ʼn groot afskrikmiddel vir beleggings en dat dit werkgeleenthede in gedrang bring, het Fin24 indertyd berig. Drie jaar later gaan die land gebuk onder ʼn nuwe vlaag kragonderbrekings terwyl Eskom steier onder skuld van R400 miljard, wat beteken die kragvoorsiener is tegnies bankrot.

Intussen word plaaslike owerhede se agterstallige skuld aan die kragvoorsiener net ál meer: In Maart vanjaar was dit R13,6 miljard, maar ses maande later het dit op R17 miljard gestaan, berig Business Tech. Volgens die dagblad The Sowetan skuld verbruikers R30 miljard, waarvan die helfte deur inwoners van Soweto, suidwes van Johannesburg, geskuld word.

Die skuld bestaan uit R7 miljard agterstallige rekenings van 180 000 huishoudings en R8 miljard rente. Eskom erken die meeste inwoners weier om vir krag te betaal en bied ook weerstand teen die installering van voorafbetaalde meters.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Juanetta van Dyk ·

Hoekom word die beurt krag nie meer of net op die agterstallige betalings toegepas nie? Ek betaal my rekening…. Want as ek 1 maand oorslaan kom sny hulle my krag af!

Geselkteerde beurtkrag ·

Wanbetalers in Soweto is “Wou-tâs” . . . . of te wel “untouchables”
ANC wil volgende jaar ‘n verkiesing wen . . . . please don’t rock da boat . . . whena !!

alwyn burger ·

“Iemand” het so ñ tyd gelede verklaar dat daar “never ever” weer beurtkrag sal wees nie. By sy smadelike uittrede uit die presidentskap het hy laat weet “ek sal julle wys wat ek kan doen”. Is die beurtkrag en Ramaphosa se afwesigheid toevallig?

H.A. ·

Suid-Afrika word gekaap deur mense wat wil leef soos 200 jaar terug!

Eben ·

Dit het gister begin en is ESKOM se weergawe van Swart Vrydag. Die ongeluk is dat dit uitgerekte swart dae gaan wees. Die weergawe is ook anders as wat goed bestuurde besighede is wat wat verkope daarmee wil verhoog. ESKOM wil weer graag hê dat ons nie elektrisiteit koop nie, maar ons eie krag opwek. Gelukkig kan ons besighede se Swart Vrydag se winskope gebruik om ons afhanklikheid van ESKOM ontslae te raak. Die ander slegte ding is dat ons op geen dienste van die regering kan staat maak nie en ‘n prestasie vir die ANC is om hul hopeloosheid te bewys.

Bos ·

Ramaphosa maak geen verskil,sy diplomasie om stadig op te tree is n mislukking.

Eben ·

Dit beurtkrag het gister begin en is ESKOM se weergawe van Swart Vrydag. Anders as besighede, wil ESKOM net graag ons attend daarop maak dat ons nie hulle ondesteun nie en ons eie krag moet opwek.

Kasper ·

Dit is maklik om beurtkrag stop te sit. Eerste keer wat beurtkrag toegepas moet word, betaal 100 van die onbevoegde bestuurders summier af. Tweede keer wat beurtkrag toegepas moet word , betaal 200 van die onbevoegde bestuurders summier af. Waarborg julle daarna sal daar nooit weer beurtkrag wees nie. So eenvoudig soos dit.

Onbevoegde bestuurders ·

Jy dank nie jou kieserkorps af, maande voor die verkiesingsjaar nie; sê nou hulle raak kwaad omdat al hierdie “Westerse waardes” in hulle kele afgedwing word??

Zukof ·

Sekerlik is daar meer as een myne in hierdie land, wat steenkool het, of is dit te nat na die reen…….lol. Hierdie probleem is dieselfde as al die ander probleme wat oprol na die een groot probleem met die land se ekonomie. Of is dit komedie….naamlik BEEEEE.

ZAR ·

As die myn nie 100% swart is nie, stel eskom nie belang om met hul besigheid te doen nie.

ZAR ·

As die myn nie 100% blackowned is nie, stel eskom nie belang om met hul besigheid te doen nie.

Eben ·

Beurtkrag is ESKOM slimkoppe se weergawe van Swart Vrydag en ons domkoppe se probleem as jy nie self krag opwek nie se straf.

Eben ·

Maroela se moer ook as hulle nie my kommentaar wil plaas nie

Renier Engelbrecht ·

Kyk wie die betogers is en sit hulle woonbuurte waar hulle bly se krag af solank hulle betoog .

zoom zoom ·

Die wat geld skuld in Soweto se ktag Sal nie gesny word nie want daarvoor Sal Lethuli huis sorg.
Dit Sal die ANC stemme Kos. Eerder die CR en Sy ANC bende dat alles tot nuut gaan , as Om stemme Te verloor. Ons Sal maar sien hoe CHINA die land gaan regeer as alles aan julle verkoop is. Dalk kan dit net beter gaan

Nita ·

Swak! Soos alles anders, kan hierdie mense niks maar niks ordentlik bedryf nie. Noem maar op: paaie,rioolwerke ens. Kragstasie opwekkings-eenhede moet deurlopend tydens beplande “shut downs” nagesien word. Nie “crisis to crisis management” nie.

Oujongvrou ·

Daai hoop skuld is die gevolg van beloftes wat die ANC vir hulle mense gemaak het en nog steeds maak. Huise en water en krag. Nouja, nou is die skuld net vir soweto 15miljard, en hlle weier om te betaal. Huh, kan ons weier.? Not a damb. Ons sal afgesny word sodra ons nie betaal. Beste sal wees as ons almal ons eie krag kan voorsien, en laat die land verder sien kom klaar. Maar helaas dis ook n droom want dit is baie duur

Frikkie Geld en huis ·

Ek sien in die berig Maroela noem dat Eskom ‘n kragreus is. ‘n Reus sonder krag !!!??? Eskom is veel eerder ‘n Skuldreus.

Mariana ·

Dit gebeur wanneer jy gekwalifiseerde mense uit hul poste skop en dan die ongekwalifiseerde onbekwames die werk gee. Voor 1994 was daar nie iets soos beurtkrag nie. Indien enige foute opgeduik het is dit onmiddelik herstel en toe begin die BEE gemors en die onbekwames word aangestel en skielik is als omgekeer en die korrupsie begin want elke een wil sy pond vleis hê. En nou is dit die betalendes wat moet opdok en die ongerief beleef. En dan vra Eskom nog verhogings ook, hoe verwaand .

HPV ·

Voor 94 was daar ook nie riool in riviere, bankrot munisipaliteite, 50 mense per dag vermoor, R13/USD, en so kan ons aangaan. Die wanfunksionele helhool is die skepping van die anc regime met die goedkeuring van sy ondersteuners.

Essie ·

Ek wil nt weet hoekom moet die ligte helder oordag 24/7 in die kaap brand

HPV ·

Eskom se bestuur moet ophou tjank en kerm en daadwerklik begin optree, dit is hul eie skuld nie ons s’n nie. Gaan kla by die anc regime wat alles gratis aanbied vir sy ondersteuners, saampraters en meelopers wat elke dag een of ander betoging van dit tot dat “must fall” hou, nou is Eskom besig om te sink, kry vir julle. Persoonlik is ek nie tranerig oor julle nie.

Jack Sadie ·

Dwing julle munisipaliteite om die moontlikheid van eie munispale kragopwekking te ondersoek.
Doen iets! Eskom is finish en klaar! Raak wakker!
Ons ou mense onthou nog die dae voor Eskom, daar was kragonderbrekings, maar mense is verantwoordelik gehou. Nou is daar geen verantwoordelikheid van enige amptenaar nie. Die woord beskryf eintlik die probleem: Almal is amptenare, nie werkers met verantwoordelikheid nie!

Frans C ·

Die ANC volg sy leermeester se voorbeeld.Alles moet onder beheer en gesntraliseerd wees en volgens ‘n kollektiewe stelsel bestuur word. In so’n stelsel is dit moeilik om individue verantwoordelik te hou,want almal skuil agter kollektiewe besluitneming.

Daarom help dit nie om net enkel sondebokke uit te sonder nie.As dit die gevolg van korrupte kollektiewe besluitneming is, moet die kollektief in sy geheel afgedank word.

Ongelukkig gebeur dit nie want dan vervreem die ANC ‘n groot deel van sy ondersteuners.Dus terwille van sy voortbestaan behou Ramaphosa vrot appels,want soos Zuma nie wil nie hê dat die ANC wat hom aanbewind gehou het, as party gestraf moet word by verkiesings doen Ramaphosa dieselfde.

johann ·

more help my reg in maart 2018 na skandaal van staatskaping ontboot is,word nog 807 miljoen
vir guptas goedgekeur vir kole wat nie gelewer is
ons moet beurtkrag doen en al hulle bates hier kamastag gevries kla aan !!!!!!!! vries bates sit krag aan

Margi Johnson ·

You have not stressed till you’ve lived in AFRICA!!!!!!!

Peet Schabort ·

Stem saam Margi. AFRICA stands for;
A
Freaking
Reality
In
Constant
Aggression

Klaasvakie ·

My wyse ouers wat reeds voor 1990 oorlede is, het ons kinders meegedeel wat ons te wagte kan wees indien die ANC of a sootygelyke party in beheer van sake gaan kom. Ellende en nogmaals meer ellende!! Hulle verwagting was 100% korrek.

Koos de Meyer. ·

Sê dankie vir die ANC. Alles waaraan hulle vat is in die riool sloot af. Nuwe Suid Afrika.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat het Suid Afrika voor kerse, oop vure, flitse, parafienlampe, batterye, lanterns en fakkels gebruik? Jip……..ELEKTRISITEIT!!!

Hendrik UAE ·

Eben en jy vra so mooi om verskoning oor jy MAROELA in hulle se moer gestuur het?

Rabes ·

Ons almal is ‘n klomp klakouse doen iets daaromtrent. Dankie my oë het na 60 jaar oopgegaan. Ek het my eie water en oor ‘n maand my eie krag. So met alle respek aan die regering en sy staats instansies vir julle wys ek middelvinger.

HPV ·

Ja ons ook, maar grawe solank jou eie puttoilet dan kan ons hulle die middelvinger wys.

Buffel ·

So lyk “decolonization” . Dit beteken als gaan terug na voor colonization. Donkerte orals.

LR ·

Na 94 was die herverdeling van rykdom n groot hoog op die ANC se agenda. Die staatsondernemings,munisipaliteite, en die staatsdiens was vir hulle die idiale platvorm hiervoor. Hulle het dit toe inderdaat reg gekry deur salarisse geweldig op te stoot en om die werksmag te verdubbel.
Nou ja al wat hulle in wese reg gekry het was die herverdeling van armmoede.
Nou gaan hulle armmoede verder herverdeel deur onteiening en die sogenaamde nasionale gesondheids sorg wat hulle beplan.
Ons is inderdaat besig om n tweede Zimbabwe en Venrsuella te word.

Fanie ·

Word wakker ANC en laat die blankes weer in beheer kom dan sal alle staat instansies weer reg kom as n mens onbevoeg is is jy onbevoeg en klaar julle kan nie n land regeer nie en dit is oor en oor bewys

Penellope Jones ·

Eskom steier onder hul eie onbevoegheid en massiewe salarisse aan te veel “werknemers” – hul eie toedoen.

Die “ontvangende” publiek aan die ander kant steier as gevolg Eskom – peperduur elektrisiteit kragonderbrekings.

Juan ·

Onspan mense ontspan.
Die wigte en teenwigte gaan nou enige oomblik inskop.
Dan is alles weer 100%.

Tekens ·

Daar is ‘n grootter agenda wat gedryf word wat meeste mense van onbewus is. Totale chaos is die doel. Dit is die doelwit in elke land. Die Bybel voorspel dit duidelik. Sonde moet sy hoogtepunt bereik. Hierdie chaos is bedoel om ons te laat fokus nie op ons aardse voorspoed en geluk nie maar op ons ewige toekoms.

Moenie die tekens mis nie, die HERE se wederkoms is naby Afrikaner. http://www.eindtydgebeure.com

Vrede!

Giel ·

Maak reg hiervoor en wees gereed vir wanneer op jou knoppie gedruk gaan word. Ons sal dalk sonder geld of vergoeding moet diens doen, ons sal baie he om op te bou, maar onthou DAN is dit met ons eie bloudruk en ons eie reels. Dus is daar goeie rede om uit te sien na wat gaan kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.