Nóg beurtkrag vandag

beurtkrag-kers

(Argieffoto)

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag van Donderdag 09:00 geld.

Beurtkrag is Woensdag omstreeks 22:00 opgeskort, maar word vroegoggend weer in werking gestel, het die kragvoorsiener gesê.

Dit sal na verwagting tot 23:00 geld.

“Dit word in ʼn veilige en beheerde omgewing gedoen om die stelsel stabiel te hou,” het Eskom gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê afgesien van die kragvoorsiener se talle ánder uitdagings, het beweerde sabotasie ʼn verdere bydrae tot die kragvoorsiener se magdom probleme gelewer.

Die president het gevra dat ʼn ondersoek hierna so gou moontlik afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bert ·

Wie was dit nou weer wat gesè het: hy gaan die land onregeerbaar maak?

Strandloper ·

Rompie slompie….ek daag JOU uit om slag IETS aan die saak te doen…

HPV ·

Eskom beleef ook nou sy laaste stuiptrekkings? Of is dit maar weer net ‘n amateuragtige spel tot nog ‘n reddingsboei vir salarisvehogings en bonusse, hulle slaag mos elke keer daarmee. Suid Afrikaners is die afgelope jarre al so belieg dat niemand die regering meer ernstig opneem nie.

André André ·

Die president het gevra dat die ondersoek so gou moontlik afgehandel word. Dankie Mnr Ramaphosa nou sal hulle na jou luister, anders het hulle nie ‘n ‘clue’ gehad wat van hulle verwag word nie. Dankie man!

Niklaas ·

Ek het nou al meer as 8 verskonings vir hierdie Eskom gemors gehoor. Nou wonder ek watse verliese het hierdie land se ekonomie in totaal al gely , as ek so kyk na dosyne besighede (sonder kragopwekkers) wat toemaak terwyl die beurtkrag sessie daagliks afspeel. Van toerisme praat ek nie eers nie.

Cherokee ·

Sabotasie is werklik wat dit is. Dit is nie slegs Eskom maar die land word gesaboteer. Hulle noem dit ‘regstellende aksie’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.