Nóg beurtkrag volgende week

Eskom. Foto: ANA

Daar is ʼn groot kans dat beurtkrag steeds volgende week toegepas gaan word, sê Eskom.

“Fase 2-beurtkrag sal die res van die naweek geld en waarskynlik nog volgende week toegepas word. Weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit is dit nodig om fase 2-beurtkrag toe te pas ten einde die noodkragreserwes aan te vul. Dié reserwes word gebruik om kragvoorraad aan te vul gedurende die week,” sê Eskom Saterdag in ʼn verklaring.

Eskom sê dit is nodig om kragreserwes op te bou sodat ʼn oormaat beurtkrag nie nodig is nie.

“Ons spanne werk hard om onbeplande onderbrekings te verhoed, wat Vrydag om 18:00 op 12 455 MW gestaan het.”

Die kragvoorsiener het Suid-Afrikaners ook herinner om gereed te maak vir kragonderbrekings oor die volgende 18 maande, terwyl opknapping aan die verouderde kragstasies gedoen word.

Intussen het die staatsdienspensioenfonds (GEPF) sy lede gerusgestel dat die fonds nie genader is met ʼn voorstel om miljarde rande beskikbaar te stel om Eskom se skuld te delg nie. Dít nadat die vakbond Cosatu Vrydag in ʼn verklaring voorgestel het dat Eskom se skuld van R450 miljard gedelg word deur onder meer geld vanaf die GEPF te verhaal.

“Ons wil ons lede, begunstigdes en pensioentrekkers gerusstel dat ons nie deur Cosatu of Eskom genader is met enige sodanige voorstel nie. Indien die GEPF met ʼn voorstel genader word om te belê in Eskom, sal die meriete daarvan oorweeg word en die GEPF optree in die beste belang van sy lede en pensioentrekkers,” bevestig die fonds Saterdag in ʼn verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

woorde, woorde en nog woorde, alles vir gerusstelling
nou skielik is die gepf se geld nie gebruik nie, maar waar daar ‘n rokie is, is daarna ‘n vuurtjie
wie probeer julle ‘n rat voor die oe draai
ons glo die anc al lankal nie

Jan

Laas toe ek gekyk het, het die GEPF reeds R95 miljard in Eskom “bele”. GEPF is die grootste aandeelhouer, naas die staat.

Hans

Geen belegging in Eskom sal in goeie belang van enigiemand wees nie

SomeOne

en intussen kry die buurlande net soveel krag as wat hul wil he, en ons moet “suffer”

André

Belê in ń bankrot put sonder ń bodem?Ha ha ha.
Daai geld gaan in sommige kaders se sakke beland.