Nóg bewerings oor aparte toilette in Louis Trichardt

toiletpapierDie Menseregtekommissie (MRK) ondersoek bewerings dat nóg ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt, Limpopo glo sy toilette vir rasgroepe skei.

Die Sowetan het Woensdag berig dat daar glo aparte toilette by die Blouberg-dierekliniek is. Die kliniek is in dieselfde omgewing geleë as die Vleissentraal-kantoorblok, wat glo ook sy toilette vir rasgroepe geskei het.

Die koerant berig drie bronne by die kliniek beweer die dierekliniek het vier toilette. Drie daarvan is glo vir wit personeel en klante, en een vir swart personeel en klante.

ʼn Joernalis van die Sowetan het glo die toilet wat vir swart mense bedoel is besoek en ontdek dit was buite en aan die agterkant van die hoofgebou geleë, terwyl dit toilet vir wittes binne die gebou geleë is.

Freddie Harris, veearts en mede-eienaar van die kliniek, het geweier om kommentaar te lewer.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het gesê hulle is nie bewus van die bewerings by die dierekliniek nie, maar dit sal ondersoek word.

Die Sowetan het verlede week berig oor die aparte toilette by Vleissentraal. Die MRK het daarna gesê hy het die bewerings ondersoek en bevind dit is die waarheid. Die MRK het gewaarsku dat hy die gelykheidshof sal nader as hy nie die samewerking van die gebou se eienaar, Bennie van der Merwe, kry nie.

Van der Merwe het die beweringe ontken en verlede week Woensdag ʼn saak van naamskending teen die Sowetan-koerant aanhangig gemaak oor die berig.

Lees meer oor die kwessie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Ag aarde tog baklei oor toilets hulle weet. In elke geval nie om die plekke skoon te hou gaan kyk maar by die klinieke en hospitale varke se moses

Gideon Erasmus ·

Ek neem mense nie kwalik wat toilette toesluit nie- die plekke word so bemors, g’n mens met ietsie westers in mens se bloed sal sulke walglike toilette duld nie!!

boer ·

Hoe erg word Louis Trichardt, nou ondersoek,is dit dalk
omdat dit sy naam weer terug gekry het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.