Nog bewerings teen polisie ná meisie bebloed langs straat gevind is

Sanet de Lange in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sanet de Lange in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die polisie ondersoek bewerings dat beamptes geweier het om ʼn saak oop te maak nadat ʼn jong vrou bebloed langs ʼn straat in Kaapstad gevind is, omdat hulle glo gesê het sy “is net dronk”.

Die storie van Sanet de Lange (18) wat Vrydagoggend langs ʼn straat in Claremont gevind is nadat sy vermoedelik deur ʼn taxibestuurder en sy makkers aangerand is, het hierdie week wyd opslae gemaak.

Maroela Media het vroeër berig Sanet se halfbroer, Marius Strydom, het gesê polisiebeamptes by die Rondebosch-polisiekantoor was geensins besorg oor sy suster se welstand nie en het gesê Sanet is “net nog ʼn dronk meisie”. Sanet het glo harsingskudding opgedoen en kan net flitse van die aand onthou en is sy nie seker wie haar aangerand het nie.

Sanet se ma, Sanet de Lange sr., het Woensdag aan Maroela Media gesê Sanet het saam met vriende by die nagklub Tiger Tiger gekuier. Haar vriende is omstreeks 04:00 huis toe, maar Sanet het agtergebly. Beeldmateriaal wat van die klub verkry is, wys dat Sanet later met uitsmyters by die klub staan en gesels.

“Sy was duidelik besig om te onderhandel, want sy het haar paspoort in haar hand gehad. Dalk het sy by hulle probeer geld kry vir ʼn taxi en het gesê sy sou later terugkom om haar paspoort te kry en hulle terug te betaal,” het Sanet sr. gesê. Haar dogter se selfoon is kort tevore gesteel en sy wou nie haar nuwe selfoon na die kuierplek neem nie uit vrees dat dit weer gesteel sal word. “Sy kon dus niemand bel om haar te kom haal of vir haar geld te bring nie.”

Sanet de Lange. Foto: Facebook

Sanet de Lange. Foto: Facebook

Volgens Sanet sr. is aannames dat Sanet dronk was heeltemal onwaar. “Sy het beslis nie so baie gedrink nie. Jy kan op die beeldmateriaal sien sy is by haar volle positiewe. Sy wieg nie en val nie rond of enige so iets nie,” het sy gesê.

Die beeldmateriaal wys glo net hoe Sanet later haar arms voor haar lyf vou, duidelik ongemaklik met die gesprek met die uitsmyters, voor sy vinnig omdraai en uit die klub stap. Een van die mans wat met haar staan en praat het, roep dan drie ander en hulle volg haar ongesiens uit die kuierplek.

Volgens Sanet sr. sal Jack Brice, die privaatspeurder wat deur die gesin aangestel is om die saak te ondersoek, later Woensdagmiddag die beeldmateriaal ontvang van wat buite die klub gebeur het. “Ek wil weet wat met haar gebeur het, maar ʼn deel van my wil eintlik ook nie weet nie,” het Sanet sr. gesê. “Sy is eers ʼn uur en 55 minute later langs die pad gekry. Wat het alles met haar in daardie tyd gebeur?”

Intussen is Sanet sr. baie ontstoke oor die manier waarop haar dogter deur die polisie behandel is. Sy beweer ʼn beampte by die Rondebosch-polisiestasie het aan haar gesê die beamptes wat haar dogter gevind het, het gedink sy is dood en het haar toe net agter in die polisiewa gesit en met haar na die kantoor gery. Hulle het eers daar agtergekom sy lewe en ʼn ambulans gebel om haar te kom haal.

“Dis is absoluut pateties dat ons polisie so optree! As hulle regtig gedink het sy is dood, hoekom verwyder hulle ʼn liggaam van ʼn misdaadtoneel voordat hulle bewysstukke kon bymekaarmaak? En as hulle geweet het sy lewe, hoe kan hulle haar sommer net agter in die polisiewa gooi? Wat as sy ʼn rug- of nekbesering gehad het? Hulle was nie lus vir moeite nie en dit was vir hulle selfs te veel moeite om net seker te maak of hierdie meisie lewendig of dood is,” het sy gesê. Sanet sr. sê ook een van die beamptes by die stasie is intussen oor die voorval geskors.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Sanet sr. se bewerings ten sterkste ontken. “As die beamptes onder die indruk was dat die slagoffer dood is, sou hulle onder geen omstandighede die liggaam verwyder het totdat die ondersoek op die toneel afgehandel is nie,” het hy gesê. “Ons wil ook op rekord plaas dat die bewering dat ʼn polisiebeampte geskors is, ontbloot is van enige waarheid. Ons ondersoek moet nog afgehandel word en geen departementele aksie is teen enige polisiebeampte ingestel nie.”

Traut wou nie verdere vrae van Maroela Media beantwoord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Debs ·

vertroue in die SAP is skokkend…. die jong mense is nie veilig nie, ook nie veilig om hulle selfone saam te neem nie….. ek hoop hierdie saak word goed ondersoek en ‘n goeie voorbeeld gemaak van die SAP en hulle optrede. Daardie kind kon verkrag gewees het dan sou hulle dieselfde opgetree het….. ek glo dit was ‘n saak van rasisties van aard….. Maar ja die jong kinders moet ook verantwoordelik wees en in ‘n groep saam vertrek.

Regtig?! ·

Klink vir my of hierdie hele familie ‘n skroefie of 2 los het…as die ma SO lieg oor die polisie se optrede, kan ons maar net wonder oor die dogter se storie. Hoeveel het sy REGTIG gedrink? Want geen nugter 18 jarige (sonder ‘n selfoon of geld) sal NA 4am alleen by ‘n klub bly nadat hulle vriende reeds geloop het nie.

Regtig?! ·

Om 4am? Nee. Ek was, soos enige ander verantwoordelike jong-mens, al by die huis gewees, nadat ek met ‘n vriend (designated driver) teruggery het. Ons lewe in Suid-Africa. Nie Switserland nie

Regtig?! ·

Eks 21, hou self van ‘n lekker kuier, maar om so onverantwoordelik te wees…nie impressed met die ma nie

George ·

Nagklubs is ‘n plek vir moeilikheid. Geen ordentlike jong dame hang in die vroeë oggend ure daar rond nie. Ek het simpatie maar ook nie.

Pierre ·

As jy eendag bebloed langs die pad le gaan ek ook nie vreeslik baie simpatie met jou he nie. Maybe los ek jou net daar en ry aan..

Michiel ·

Ag toe Pierre – wat sê jou kommintaar van JOU? George is reg, ordentlike mense tree verantwoordelik op!

Gisele ·

@ Regtig. As jy dan so baie weet, moet jy sekerlik jou verklaring by di polisie gaan afle so gou moontlik, soos dit my klink was jy daar en weet heeltemal te veel, jy was mos daar. Toe toe hardloop… Alle Jong mense is mos verkeerd. Ek was ook jonk maar dis defintief ni altyd jong mense se skuld ni.

Kayla ·

Dit is niemand se plek om kommentaar te lewer nie, want niemand weet wat regtig gebeur het nie. Ons kan net bly wees sy is ‘n fighter, want dinge kon baie erger gewees het. Dink aan haar en haar familie in hierdie tyd i.p.v lelike kommentaar lewer. Wie ons regtig om te judge ??

Regtig?! ·

Ek stem, dit is die mense wat haar aangeval het wat die varke is. MAAR as jy toelaat dat ‘n 18 jarige meisie tot na 4am in ‘n klub uithang, sonder ‘n selfoon, sonder geld, nadat al haar vriende al weg is, en dan in ‘n random taxi spring, stel jy mos jouself bloot tot onnodige gevare. Daarom blammeer ek die ma, wat definitief nie geweet het dat haar dogter tot so laat in ‘n 21jarige klub uithang nie

Sê net ·

Julle mense moet kalmeer. Mens MOET vrae vra en leer uit hierdie. Ek dink regtig dis verkeerd dat mens so laat rondkuier sonder om aand ie dag van more (werk? Universiteit? Kollege?) te dink. Waarom het sy ‘n paspoort gehad en probeer gee as waarborg of watookal. Weet sy hoeveel van sekere Afrika lande vervals dit gou? Ek meen hier is BAIE vrae. Niemand keur goed wat met haar gebeur het nie en die polisie het swak opgetree, maar laat mense leer hieruit, laat hulle DINK. Om nou kwaad te raak as mense vrae vra is net belaglik. Meisies dink voor julle drink dis al wat ek kan sê! Ons leef in SA!

Uys ·

Sanet jr kies jou vriende beter. Wie los n jong meisie alleen in n nagklub. Jy is 18 wat soek jy tot na 24:00 buite. Jy pa kan jou maar hok. Ek sal my dogter se regte inkort as sy dit. Leen n foon, stuur my n pls call me en ek sal jou kom haal en jy sal n preek kry tot by die huis.

poplap ·

Ek stem, sy kon ‘n please call me gestuur het, maar weereens, ons ken nie die omstandighede wat afgepeel het daar nie en ons was almal jonk. Dit bly ‘n slegte ding wat hier gebeur het. Hoop ander leer iets hieruit. Mense, ons woon in Suid-Afrika, word asb wakker!!! Jy as vrou is vandag nerens veilig nie, wat nog van daardie tyd in die oggendure? Ouers moet aandring om te weet waar hulle kinders is. As hulle so laat nognie by die huis is nie, hoekom het die ouers nie begin navraag doen nie? Iets is hier nie reg nie. Mens kannie sonder jou selfoon uitgaan nie!

Berhalet Beukes ·

Sjoe mense, sy is immers aangerand. Empatie? Menslikheid? Woordeboek om dit te beskryf? Is ons barbare dat ons haar uitjou?

Nita ·

Hire is so eel dings wat nie sin maak nie, vorige berig verwys na 2 mans in taxi MAAR sy Onthou sy is deur 3 aangeval? Vorige berig se SAP het haar na hospitaal geneem nadat iemand haar daar gekry het en hierdie een se SAP het haar opgetel. N berig in n ander koerant meld dat sy van n oorsee trip kom en daarom saam met haar vriende gekuier het. Dalk rede vir haar paspoort, maar sy vat nie haar selfoon saam nie? Wie ken enige tiener wat deesdae sonder hul fone beweeg (selfies). Dalk was die 3 mans die “bouncers” ? Nee, niks van die storie maak sin nie

Lappop ·

Wat help dit dat dit ondersoek word. Hulle raak nou haastig , en moeg om voor te gee. Die rol van polisieman te veeleisend. Hulle raak haastig, hulle wil ons uitroei, nie help nie.

Dina Erasmus ·

Geeeeeeen tiener kuier so laat nie. En sy het moeilikheid gesoek hoekom het sy nie saam met haar pelle gery? Sy het geweet sy het nie ‘n selfoon of geld by haar nou wat nou? Sy was plain simpel. In vandag se tye kan jy as meisie nie so onverantwoordelik wees. Haar ma is ook te blameer. :-(

Sollie ·

Jong meisies, moenie drink tot julle nie weet wie julle is nie. Meisies, hou ALTYD pepersproei byderhand – nie in jou handsak nie, dit help niks. Om tot 04h00 te kuier – nee wat, ek was nooit gesê ek mag/moet tot so laat kuier nie, ek het net besef mens doen dit nie. Hoekom jou ouers laat wakker lê omdat jy nog nie tuis is nie. En hierdie ma…? Ek sou hier by 01h00 al begin bel het om te hoor waar is my kind, jammer dis hoe ek is. En hoekom het die girl nie huis toe gegaan met haar vriende. Ek moet sê as mens “kuier” tot daardie tyd dan het jy te veel in en soek jy vir moeilikheid. Ek hoop die spul nagklubgangers leer hier uit. Gaan in groepe en vertrek in groepe. Wat polisie betref – hoe kon hulle “dink” sy is dood – weet hulle nie hoe om ‘n pols te voel nie? En sekerlik met sulke beserings moes sy gekreun het of iets? Hier is baie onbeatwoorde vrae!

Sê net ·

Sy gaan met ‘n paspoort maar nie met ‘n selfoon na die klub? Sy kon niemand bel? Daar is ALTYD iemand met ‘n selfoon wat jy kan vra vir ‘n gratis “please call me” na jou ouers. Daar sal ook altyd êrens iemand wees wat nie sal omgee as jy vinnig bel vir hulp nie. ALTYD al moet jy elek liewe mens in die nagklub vra. Hoekom het sy uit die nagklub gestap na sy met die uitsmyters gesels het? sy was dan nou volgens die ma “nie so dronk” nie, dan moes sy met ander woorde nugter genoeg gewees het om rassionele beslutie te neem soos “ek het nie geld/selfoon en ek moet iemand kontak”- dan sorg jy dat jy elke liewe mens vra om te bel namens jou. Kyk wat gebeur het is verkeerd maar my maggies, almal sê sy is oud genoeg om te doen wat sy wil en te kuier tot so laat sy wil, wel obviously is sy nie as sy nie verantwoordelike besluite kan neem nie! Vrae, vrae, vrae….

Eish! ·

Hoekom gee ‘n ouer ‘n tyd? Nie uit snaaks, stupid, preutsheid nie. Bloot omdat as jou kind nie die gegewe tyd by die huis is nie, dan weet jy dat jy moet bekommerd raak. Jy moet gaan soek want daar is moeilokheid. En ja……………….tot die volgende oggend??????????? Nee dogtertjie jy het gesoek vir moeilikheid. Natuurlik het die uitsmyters gesien hier is ‘n kans en dit benut, of hul pelle gestuur om dit te benut.

Pierre ·

Ek kry skaam om myself ‘n Suid Afrikaner te noem na ek al die kommentaar hierbo lees. Julle en julle sogenaamde Christelike “waardes” maak my siek.

Elke ou dink hy is beter as die mens langsaan, elkeen dink hy is geregtig daartoe om te oordeel oor wat iemand anders doen. Julle sal eerder oordeel uitspreek oor iemand wat aangeval is en hulle afmaak as die slegtheid vanself. En dan sommer hulle families ook slegse.

Ek sien bitter min simpatie vir die arme meisie wat lelik aangeval is. Ek kry skaam vir mense soos julle.

Sollie ·

Pierre, ek dink nie jy lees reg nie. Mense HET simpatie maar as mens onverantwoordlik optree gaan daar vrae wees. Chritelike waardes? Waar was die meisie s’n? Of die ouers? My kind sal NOOIT so laat uitbly EN ek sal presies wil weet waar hul heengaan en as hulle ‘n sekere tyd nog nie tuis is sal ek bel of self soontoe ry om my kind te gaan soek. Enige ouer vandag WEET ons bly in SA en mens moet jou kind verantwoordelikheid leer, dis jou plig as ouer. En dis ook jou plig om rond te bel of te gaan SOEK as jou kind nie huis toe kom nie. As my kind by 4vm nog nie tuis is sal die hele buurt, elke vriend en familielid al begin help soek het dis verseker.

Ook n Ma ·

Hi Pierre, jy is n ware heer! Die mense wat so gou is om te oordeel! Sy is absoluut pragtig en kon MY dogter gewees het, waar was die mans wat veronderdstel is om die ingebore beskermings instink behoort te hê om n jong meisie in nood te help nie!

jenethy ·

Alles in die lewe gebeur met n doel, so ook almal se reaksies teenoor gebeure soos die, baie hartseer om te dink ons moet nou elke oomblik van ons lewe waaksaam en met wantroue en vrees leef. Mag almal wat seer kry met sulke duiwelse gebeure net sterker ander kant uitkom.

Henk Botha ·

Nou wil ek net weet as die polisie gedink het sy is dood, hoekom verwyder hulle haar van die toneel sonder om dit te ondersoek. Swak en glo daar moet sommer erenstig teenoor die beamptes opgetree raak. Wat ek kan aflei dink ek dit is maar net ‘n “jop” en hul stel nie regtig belang nie.

Henk Botha ·

Vir my maak nie saak hoe skuldig die meisie, ma, broer of vriende is wat haar daar gelos het nie. Die feit bly staan maak nie saak wie en wat jy is nie niemand het die reg om jou so aan te rand nie en dit nog ‘n vrou. More oormore is dit dalk jou dogter so moenie oordeel nie. Baie dom dinge is gedoen hier, Waar is ons menslikheid heen om mekaar te help en te ondersteun.

Donsie ·

STEM, vreemdes braak gal, maar wie was regtig daar om die waarheid te bevestig!!

Jana ·

Al wat ek verseker weet is dat hierdie meisie en haar ma vandag bitterlik spyt is en dat niks wat enige iemand sê of doen die tyd kan terugdraai en ander besluite geneem kan word nie. Ons was almal al by spyt se deure in en weet hoe dit voel wanneer jy wens jy het nie, maar dis gedane sake, skade is gedoen. Om hierdie rede is ek in staat tot simpatie en empatie met hierdie meisie en haar ma.

Theresa ·

Ek kry die meisie baie jammer wat so deurgeloop het. Barbaarse optrede teenoor die mensie. Hoop sy herstel 100%. Hoop die sotte wat haar aangerand het, word gevang en gesigte vir almal gewys om te weet wie hul is.
Soos 1000 al gevra: Gaan in groepe uit. Laat iewers deur die aand weet als is nog reg. Gaan in groep terug – beste nie so in oggend-ure rondloop nie. Soos iewers hierbo gesê is, ons woon in ‘n misdaad-besaaide Suid-Afrika nie in ‘n misdaad bekampte Switzerland nie. Uitstekende vergelyking!

ook 'n ma ·

Ek dink ook dit is moeilikheid soek….ek voel jammer vir haar, maar haar ouers moes haar nooit toegelaat het om na ‘n klub toe te gaan nie…en daai tyd van die oggend hoort ‘n jong dame nie op die strate nie

geskok22 ·

Sjoe… julle is dramaties… die meisie is aangeval. En dit behoort nie te gebeur het nie. N ander berig het beweer dat sy van oorsee af terug gekom het… so baie moontlik werk sy al. Weet jy waar jou kind is wat alreeds werk en op hul eie bly 4am in die oggend? Hoe is dit anders? Miskien het sy gewoonlik sommer oorgeslaap by een van haar vriende? Hoekom word die ma hier oor die kole gesleep? Waar was die pa? Kry eers al die feite voor julle oordeel… en vir die van julle wat so oordeel… dit gaan nie oor wat sy gedoen het nie… om te oordeel is verkeerd. So haal eers daai balk uot jou eie oog uit toe?

Cornelia ·

Pierre,
Ek stem volkome met jou saam. Solank mense mekaar /ander net kan slegse
voel hulle vreeslik selfvoldaan. Ek skaam my ook.!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.