Nóg blikkiesvis van rakke gehaal

Verbruikers kan die blikkies vis terugneem na die winkel waar hulle dit gekoop het en vra dat hul geld terugbetaal word.

Die nasionale reguleerder vir verpligte standaarde (NRCS) het beveel dat alle handelaars dadelik die 400 g-blikkies sardyne in tamatiesous asook die 400 g-blikkies sardyne in rissiesous van hul rakke afhaal.

Die opdrag kom ná ʼn ondersoek bevind het daar het ʼn fout in die inmaakproses, waartydens sommige van die blikkies tydens die produksieproses met sous gevul is, ingesluip.

Nog een van die handelsmerke wat geraak word. (Foto: Spar)

Die vervaardiger West Point Processors het die naweek al besluit om sy 400 g-blikkies sardyne in tamatiesous te onttrek, nadat daar ʼn skrale kans was dat sekere blikkies van die sardyne weens die fout oneetbaar kan wees.

Hy het gesê hoewel die meeste blikkies reeds by die fabriek teruggehou of van die rakke van kruidenierswinkels verwyder is, het verbruikers waarskynlik wel enkele van die blikkies gekoop.

Die NRCS het nou opdrag gegee dat nog blikkies van winkelrakke verwyder word.  Verbruikers wat van die geraakte produkte gekoop het, word gevra om dit terug te neem na die winkel en hul geld terug te vra.

Die volgende produkte word geraak:

Handelsmerke  
Deep CatchSparCheckers (huishandelsmerk)
MammasOk (huishandelsmerk)Prime Ocean
SunnyShoprite RitebrandCape Point
U BrandSaldanhaWest Point

 

Die produkte het die verpakkingskode ZST29 en ZSC29 bo-op gedruk.

“Voedselveiligheid is ʼn prioriteit vir die NRCS en daarom word daar met alle rolspelers in gesprek getree om te verseker dat die geraakte produkte van die mark onttrek word sodat verbruikers teen onveilige produkte beskerm kan word.

“Die vervaardiger het reeds met die herroeping begin en die NRCS sal die proses by klein- en groothandelaars, asook in die informele mark, dophou om seker te maak die proses verloop doeltreffend,” het die reguleerder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stephan ·

Ek sou graag wou hoor dat hulle presies sê wat fout gegaan het. Die hele foutiewe proses hang so half in die lug want daar is geen behoorlike verduideliking. Ek dink die verbruiker het die reg om te weet waaraan hierdie fabriek ons blootgestel het.

Oujongvrou ·

Is daar nie n enkele ding in diè land wat nog reg is nie. Nou moet ons bang wees om inmaak produkte te eet.

Haan ·

So my Lucky Star “brand name” vissies is nog veilig. Mooi man!

Sarah ·

As dit n gevaar inhou, behoort die winkels nie n probleem met dit te he nie.

Leon ·

As jy die korrekte kode bo op die blik het, moet hulle jou geld teruggee want die vervaardiger moet die winkel terugbetaal. Die wet beskerm jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.