Nog brandbestryders na Tuinroete ontplooi

Brande in die George-omgewing (Oktober 2018) (Foto verskaf)

Minstens 100 bykomende brandbestryders sal Sondag in George en omgewing ontplooi word om bystand te lewer met brande wat steeds in dié gebied woed.

Die Tuinroete-rampbestuursentrum het Saterdagoggend gesê daar is steeds ʼn groot rookwolk bo George, maar sal na verwagting teen Saterdagmiddag begin opklaar weens winde van ongeveer 9 km/h wat in die gebied verwag word.

Owerhede in die Oos-Kaap het Saterdagoggend dringend die hulp van een brandbestrydingsvliegtuig en een helikopter versoek waar infrastruktuur en lewens in Clarkson bedreig word. Die vliegtuig en helikopter sal weer so vinnig as moontlik na George terugkeer.

– Plaashuise is in Geelhoutboom, in die rigting van Jonkersberg, ontruim as ʼn voorsorgmaatreël.
– Spanne is besig met skoonmaakwerk in Hoogekraal (Knysna) waar een brandlyn gedurende Vrydagaand onder beheer gebring is.
– Skoonmaakwerk duur ook voort in Farleigh waar die brand onder beheer gebring is.
– Daar is steeds rook in die gebied van Yellow Wood Timbers weens saagsels wat nog brand, maar die brand is onder beheer.
– Daar is nuwe brande in De Vlugt (noordelike lyn) Buffelsnek en grondbemanning werk hard om die brand onder beheer te bring. Geen infrastruktuur word tans bedreig nie.
– Die brand by De Vlugt (suidelike lyn) is besig om in ʼn suidelike rigting te beweeg en hou ʼn korttermynbedreiging in vir Sonskyn Valley. Inwoners is nog nie ontruim nie, maar word versoek om gereed te maak vir ontruimings. Vliegtuie is nie tans in dié gebied beskikbaar nie weens groot rookwolke. ʼn Oryx-helikopter van die SANW sal ontplooi word sodra dit moontlik is.
– Brande in Goudveld beweeg in ʼn suidelike rigting en Protea Valley Bosdorp word ontruim. Brande in dié gebied is moeilik om onder beheer te bring.
– Brande is onder beheer gebring by Louvain en EP van Rooyen en skoonmaakoperasies duur voort.
– Skoonmaakoperasies duur ook voort op die N9.
– Skoonmaakoperasies duur voort by Groenkloof
– Skoonmaakoperasies duur voort by Genevafontein (George)
– Skoonmaakoperasies duur voort by Fernridge tot by Saasveld (George)

Die rampbestuursentrum het ook hul dank uitgespreek vir donasies vir die brandbestryders en aangedui daar is tans genoeg water. Hulle versoek egter die volgende:
– Eyegene
– Game-sakkies
– Zambuc/lipsalf
– Brode om toebroodjies mee te maak
– Geen grondboontjieprodukte nie weens allergieë

Finansiële skenkings kan gemaak word aan die George-munisipaliteit (dit is ʼn toegewyde rekening wat kragtens die regulasies van die Wet op Munisipale Finansies geoudit word):
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 01022220981
Takkode: 632005
SWIFT CODE: ABSAZAJJCPE-SORTCODE 632005
Tipe: Tjek/Cheque
Depositoverwysing: Fire/Disaster

BTW nr.: 4630193664
E-pos: [email protected]
Webwerf: http://www.george.org.za
Faks: 086 6457188

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Betaal is Wet ·

Hoop nie die brand slanners kry weer n verblyf rekening na die tyd nie.

WitBlits ·

“Betaal is Wet”
Duidelik is jy nie hier in George of omgewing om die omvang van die tragedie te besef nie en jy kan net “couch potatoe” kommentaar lewer!
Die brandbestryders plaas elke keer hulle lewens op die spel om vreemdelinge te beskerm en te help, maar het eerder waardering en dankbaarheid nodig as sulke kommentaar.

Ekke ·

Ek bly in Pretoria, maar die vure wat so woed ontydig klink vir my nie reg nie…

JV ·

Sterkte vir almal wat brandbestryding doen. Ons gebede is met julle, en bid vir reën.

Hartseer ·

Windstil, maar daar hang nog erg rook oor die dorp. Probleem is dis een oomblik windstil en volgende oomblik steek die wind op. Die verskriklike hitte in die omgewing help ook nie. Vandag was weer erg warm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.