Nóg brandstof uit Transnet-pype gesteel

Berigte van peutery met sommige van Transnet se brandstofpypleiding en diefstal uit die stelsel is tot dusver in veral Mpumalanga, Gauteng en die Vrystaat aangemeld.

In die jongste voorval het diewe ʼn gat in die ondergrondse pypleiding langs die Koppiesdam-pad, naby Bloemfontein, geboor. Hulle het ʼn drie meter lange pyp, versteek onder gras, gebruik om die brandstof vermoedelik tot in vragmotors te pomp, het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, gesê.

“Dit is onduidelik hoeveel brandstof op dié manier gesteel is, of wat die waarde daarvan is. Dit lyk egter of die diefstal en peutery al ʼn geruime tyd duur,” het sy gesê.

ʼn Veiligheidswag van Transnet het Dinsdag alarm gemaak nadat hy op die toneel afgekom het.

Steyn sê die gepeuter aan die pyp het nou tot ʼn verlaging in druk in die pyp gelei.

Die Valke ondersoek die diefstal in samewerking met die kriminele misdaadrekordsentrum.

In nog ʼn voorval is twee mans Vrydag aangekeer nadat hulle glo diesel uit ʼn Transnet-pypleiding digby Delmas in Mpumalanga gesteel het. Ses van hul vermeende makkers het ontsnap toe die polisie toegeslaan het.

Die boewe het kragopwekkers gebruik om diesel uit die pyp tot in ʼn 20 000 ℓ-tenkwa te pomp.

Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om dadelik enige verdagte bedrywighede aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ElizeK ·

Het ek dan nie nou onlangs op Maroela gelees van een of ander groep soos Afriforum of TLU (kan nie onthou)wat sê dat belastingbetalers dreig met weerhouding van belasting oorbetalings nie. Hier is mos slim mense hier buite. Kry dit van die vloer af groot ASB

ElizeK ·

Skuus, my vorige plasing verwys eintlik na die “hand out” wat nou weer vir Prasa gegee is. Ek is net siek en sat vir ons geld wat so gemors word.

Scalla ·

Ek het mos in die vorige geval by Delmas gese dit is nie die eerste keer nie, vinnige maklike manier van geld kry, soos ou Frikkie se dit is sabotasie en hoop hul word swaar gestraf.

Nie Verbaas ·

Se dankie aan ons regering. Hulle is “volkome in beheer” van n uiters “effektiewe” polisiering stelsel. Wat jy saai sal jy maai, ANC.

Kobus ·

Op jul vorige berig se fotos het hulle pompe gewys, geen kragopwekkers. Kragopwekkers is nodeloos in die geval, pompe kan werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.