Nóg brandstofprysstyings verwag

(Foto: pixabay)

Die prys van olie styg al hoe meer en verdere brandstofprysstygings word in Julie verwag.

Die petrolprys het vroeër vandeesmaand met R1,18 per liter gestyg, terwyl die prys van diesel met tussen 21c en 22c per liter toegeneem het.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) se vooruitskatting gaan die petrolprys na verwagting met R1,59/ℓ, diesel met R1,48/ℓ en paraffien met ʼn allemintige R1,94 styg.

Die AA sê die basiese brandstofprys het sedert 1 Junie met 8% toegeneem terwyl internasionale oliepryse begin herstel ná die enorme dalings oor die afgelope vier maande.

Wêreldwyd word al hoe meer ekonomieë nou weer oopgestel nadat produksie in talle lande weens die Covid-19-pandemie bykans tot stilstand gekom het. Terwyl die aanvraag wêreldwyd begin toeneem, kan Suid-Afrikaners egter verwag dat die brandstofprys geleidelik na pre-Covid-19-vlakke gaan begin terugkeer.

“Suid-Afrikaners baat ook by die versterkende rand. Die plaaslike geldeenheid het sedert die begin van Junie met 60c teen die dollar verstewig,” het die AA gesê.

Die sterker rand het reeds beteken die styging is nagenoeg 36c/ℓ minder as wat dit kon wees.

Die rand is egter steeds op lae vlakke en dit beteken Suid-Afrikaners trek toenemend aan die kortste ent terwyl oliepryse toeneem.

Dis nou maar eers die middel van die maand en die AA waarsku die styging kan teen die einde van die maand veel groter wees. As die neiging voortduur, gaan dit nie lank wees voor die R4/ℓ-besparing wat motoriste tussen Februarie en April geniet het, uitgewis word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pierreli ·

Hoe anders gaan die skelms wat aan bewind is geld invorder. Met die dat meer wit belasting betalers nou werkloos. is en die swart werloses nou meer is.

JohanR ·

Snaakse land! Ons will afbreek en verwoes omdat ‘n swart man in die VSA 17000km weg, deur ‘n wit polisieman met sy knie op sy nek doodgemaak is, maar hier in SA gaan die prys van brandstof net op en op, en iemand word net ryker en ryker, EN ONS DOEN NIKS! Look at your own country in your eye, before you look at another country in your eye!

Mrs H ·

Dink hulle probeer verlore gelde in siggaret verkope opmaak deur brandstof pryse ????

Nico ·

Dit is weereens ‘n bewys dat die ANC regering net aan hulleself dink, maak nie saak wat met die ander gebeur nie, wat hulle vergeet het daar is ook swartes wat gaan swaar kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.