Nóg buurte in Pretoria dalk sonder water

Weens noodherstelwerk sit verskeie Pretoriase woonbuurte sonder water. (Foto: Tshwane-metroraad)

Rand Water het die Tshwane-metroraad ingelig dat noodherstelwerk aan ʼn lekkende pypleiding gedoen moet word. Die pyp voorsien water aan verskeie reservoirs in die Tshwane-metrogebied en ander munisipaliteite.

Die Tshwane-metroraad sê die herstelwerk gaan minstens 24 uur duur en begin Saterdag om 13:00. Herstelwerk sal na verwagting tot Sondag 13:00 duur.

In dié tyd is daar ʼn groot moontlikheid dat verskeie buurte sonder water gaan sit.

Dit sluit in:

  • Centurion
  • Kosmosdal
  • Mnandi
  • Rooihuiskraal
  • The Reeds
  • Bakenkop
  • Sunderland Ridge
  • Raslouw
  • Erasmia
  • Valhalla
  • Loulardia
  • Laudium
  • Atteridgeville
  • Pretoria-Wes
  • Pretoria se sakekern
  • Suiderberg
  • Clifton
  • Brakfontein
  • Hercules
  • Wonderboom
  • Ga-Rankuwa
  • Mabopane
  • Winterveld
  • Soshanguve
  • Ga-Rankuwa-nywerheidsgebied

 

Vrydag het die metroraad gesê die buurte Sunnyside, Salvokop, Arcadia, Clydesdale asook die suidelike dele van die middestad, gaan óók waarskynlik etlike dae lank sonder water wees nadat ʼn pyp, wat verlede jaar ook probleme gegee het, Donderdag gebars het.

Duisende kiloliter drinkwater het daaruit gestroom.

Om die waterverliese te beperk en sodat herstelwerk behoorlik gedoen kan word, is die reservoir Donderdag om 22:00 buite diens gestel.

Die stad het gesê hy stuur tenkwaens met water na die geraakte gebiede.

Herstelwerk aan dié pypleiding kan tussen vier en sewe dae duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.