Nóg drie aangekla van VBS-bedrog

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog drie verdagtes, onder wie ʼn voormalige munisipale bestuurder en finansiële beampte van ʼn munisipaliteit in Limpopo, word nou ook by die VBS-skandaal betrek. Die derde verdagte is die eienaar van ʼn private sakeonderneming.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 57, 39 en 41 jaar oud, is Dinsdagoggend by hul wonings in Pretoria in hegtenis geneem.

Hulle word almal vir die oortreding van die wet op munisipale finansies, sowel as bedrog en geldwassery aangekla. Die saak hou verband met die berugte VBS-skandaal, waartydens ongeveer R2 miljard van beleggers en munisipaliteite se geld oor twee jaar uit dié bank getap is.

“Die ondersoek het aan die lig gebring dat die Fetakgomo Tubatse-munisipaliteit tussen November 2016 en Februarie 2018 R230 miljoen in die omstrede bank belê het,” het brig. Nomthandazo Mbambo, polisiewoordvoerder van Limpopo, gesê. Die munisipaliteit het nooit weer ʼn druppel van dié geld gesien nie.

Die drie sal Woensdag in die Pretoriase hof vir gespesialiseerde handelsmisdaad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Hoeveel is nou al aangekla en wat gebeur verder? Jaaaare gaan verby en niks gebeur nie. Intussen lewe die skurke in weelde en mense wat geld “belê” het, gaan dood van die honger. Wanneer kom dinge tot ‘n punt?

Bart-Man

N munisipaliteit vat 230 miljoen belê.
Dit klink van die begin af nie reg nie.
Se dit weer : Munisipaliteit belê 230 miljoen.
Wat hulle waar kry?

SjN

Die munisiplaliteite skuld soveel aan water en krag, hoe kan hul dan geld bele, daar is beslis kick backs en omkopery ter sprake, die skuldiges kom niks oor nie.

Johan

Die wiel draai maar staadddigggg……

Anel

En wat van Malema????