Nóg drie ANC-LP’s bedank

Argieffoto

Argieffoto

‘n Verdere drie ANC-LP’s het bedank en staan die getal bedankings nou op sewe sedert Sondag.

Stone Sizani, ANC-hoofsweep, sê Sibusiso Ndebele, voormalige minister van korrektiewe dienste, Lulu Xingwana, voormalige minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede en Maria Ntuli, voormalige adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag bedank.

Sewe ANC-LP’s het al bedank sedert president Jacob Zuma Sondag sy nuwe kabinet aangekondig het. Max Sisulu, voormalige speaker, Marthinus van Schalkwyk, voormalige minister van toerisme, Tito Mboweni en Zizi Kodwa het reeds bedank.

Zuma het Sisulu met Baleka Mbete vervang en Derek Hanekom, voormalige minister van wetenskap en tegnologie, as minister van toerisme aangestel in Van Schalkwyk se plek. Kodwa is as woordvoerder van die ANC aangestel.

Sizani het namens die regerende party sy diepste waardering aan die voormalige LP’s uitgespreek vir die “uitmuntende en ywerige diens” wat hulle aan die land gelewer het.

“Terwyl hulle vertrek uit die parlement ‘n leemte sal laat, kry ons bevrediging uit die wete dat ons sal voortgaan om gebruik te maak van hulle politieke- en leierskapservaring wat hulle oor die dekades opgedoen het,” het Sizani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.