Nog drie hoës vas, vandag in hof saam met Ace

Ace Magashule tydens sy vorige hofverskyning. (Foto: NVG)

Drie senior regeringsamptenare sal vandag saam met Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, en sy sewe medebeskuldigdes in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Die drie is Donderdag in die vroeë oggendure deur lede van Valke in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met beweerde korrupsie rakende die toekenning van ʼn kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen.

“Die bewerings hou verband met ’n kontrak wat deur middel van ’n verkrygingsproses toegeken is, maar wat glo op ’n bedrieglike en korrupte wyse gedoen is,” het kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, gesê.

“Die kontrak het ten doel gehad om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder. In daardie tydperk is ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawes van meer as R255 miljoen aangegaan.”

Magashule, destydse Vrystaatse premier, het in November in die hof verskyn en staan tereg op 21 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Hy word onder andere daarvan beskuldig dat hy bewus was van onreëlmatige ooreenkomste.

Magashule is op borgtog van R200 000 vrygelaat. Magashule se borgtogvoorwaardes behels dat hy die ondersoekbeampte in kennis moet stel indien hy vir ʼn paspoort wil aansoek doen en hy mag nie met die staat se getuie inmeng nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat Moroadi Cholota, Magashule se persoonlike assistent toe hy destyds premier was, vir die staat gaan getuig.

Die omstrede sakeman Edwin Sodi en ses ander vermeende betrokkenes is ook reeds in verband met die kontrak in hegtenis geneem. Sodi se Blackhead Consulting en oorlede Igo Mpambani se Diamond Hill Trading 74 het die kontrak in 2014 losgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Spyker ·

Hoeveel keer gaan die saak uitgestel word? Ek voorspel dat dit nooit finaliteit sal bereik nie. Môre weer terug by die werk tot volle pensioen.

JM ·

Hoog tyd dat die tronkdeure agter die arrogante, uitdagende Ace Magashule toeklap. Hy dink ook dat hy bo die reg verhewe is en dat hy met handskoene hanteer behoort te word.

Schalk ·

En die uitslag……reeds vooraf bepaal. Onskuldig , soos alle ANC makkers. Of saak sal weer uitgestel word soos Zuma se tegniek. Dit is soos om van te braak.

jzjz05 ·

ANC tot in sy wortels verrot.dan wys hy gou vinger na wit toe maar vergeet dat drie vingers wys terug na hom toe.

Eiervrug ·

Weet hy dat ‘n masker nie van enige nut is wanneer dit op jou ken sit nie…

Genis ·

Een van die groot rampokker is SA… Zuma se mede kolega… Nee wat Eirvrug ek dink hy is veilig, elke virus het maar sy trots…

Androclus ·

Dis ‘n waterdigte saak ek weet nie hoekom word hulle nie net gevonnis nie en die sleutels laat verdwyn nie asb. Klomp skelms

Michal ·

“hy mag nie met die staat se getuie inmeng nie.“ rerig, hoe gaan dit beheer word

Fred ·

Hierdie is die toets saak om te sien of daar iets met Zuma gaan gebeur

Alet ·

Verkoop alles wat hulle het want hierdie gaan uitgerekte saak wees wat die belastingbetaler nog net meer geld gaan kos. En ons moet verstaan dat die ANC die handboek geskryf het oor korrupsie, onderduimsheid en selfverryking.

Thom ·

As die korruptes net gelos word is almal met reg ontevrede en as hulle vervolg word is dit volgens jou geldmors ; besluit aub wat julle wil hê ___ die een OF die ander ; albei te gelykertyd is nie moontlik nie !

Kokerboom ·

Die kader weerspieël die terminale siekte waaraan die anc ly!

Nico ·

Die oplossing om hierdie sake afgehandel te kry is om nie borg toe te staan nie. Die Vervolgingsgesag behoort die borg aansoeke teen te staan. Die verdediging sal dan vinnig voorberei vir die hof saak en nie al hierdie vertragings taktieke gebruik nie.

Kokerboom ·

ANC kaders sal mekaar nooit verraai want hul eet ALMAL uit die arme belastingbetalers se pappot

Kokerboom ·

Die ANC gif van bedrog en verwoesting is groter as die gesamentlike vernietigingsmag van pandemies soos Covid, Ebola , HIV ens

Mauritz ·

Miskien kan ‘n taalkundige help. Ek weet ‘n versameling voëls is ‘n swerm. ‘n Versameling skape is ‘n trop. ‘n Versameling visse is ‘n skool. Maar wat noem ‘n mens ‘n versameling kriminele.

Lorna ·

Beter kans dat ek kots
Hul sal nooit daai staalhekke agter hul hoor kliek kliek nie
Zuma se gatgabbas

LANA is ELANè ·

Hier gaan niks van kom nie ~ net nog ‘n lang uitgerekte treurmare. Almal weet regeringsamptenare is onaantasbaar, veral as hulle relatief hoog in die ANC se rampokker eenheid werksaam is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.