Nog drie in hof oor moord op DA-raadslid

hof-hamer

Argieffoto

Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johannes Baatjies (49), ʼn DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Charles Thompson Mpondomisa (39), Matthews Legodu (49) en Richard Hasana (33) is in hegtenis geneem. Hulle is aangekla van die moorde op Baatjies en sy sakevennoot, Shuping Nose. Zonisele Magawu (29), ʼn ANC-wykskandidaat in die afgelope munisipale verkiesing wat reeds in Augustus in hegtenis geneem is, staan op dieselfde aanklagte tereg.

Maroela Media het vroeër berig Baatjies is op 17 Augustus dood aangetref op die pad tussen Daniëlskuil en Postmasburg. Hy is twee keer in die kop en een keer in die bors geskiet. Nose is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy ook geskiet is. Hy het later aan sy wonde beswyk.

Mpondomisa, Legodu en Hasana het Woensdag in die Postmasburg-landdroshof verskyn, het Nkwalase gesê. Hulle sal weer op 22 September saam met Magawu in die Daniëlskuil-landdroshof verskyn waar hulle om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KarooKlong ·

Puik gedoen met opvolgwerk. Geluk al die betrokke lede.

jaco ·

Vreemd dat hierdie saak nog voortgaan. Die beskuldigde is van die ANC en die SAPD en die howe word deur die ANC-regering beheer. Nog 2 maande en hy kom los op n tegniese punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.