Nog drie leeus se koppe, pote verwyder

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Leeus by die Letaba River Lodge buite Tzaneen in Limpopo. Foto SAPD

Leeus by die Letaba River Lodge buite Tzaneen in Limpopo. Foto SAPD

Drie leeus is Woensdag in die vroeë oggendure by ʼn lodge buite Tzaneen in Limpopo doodgemaak en hulle pote en koppe afgesny.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn onbekende aantal verdagtes het die leeuhok by die Letaba River Lodge binnegegaan waar hulle die drie mannetjiesleeus doodgemaak het voordat hulle die pote en koppe verwyder het. Ngoepe kon nie bevestig of die leeus vergiftig is nie en het gesê dit sal deel vorm van die ondersoek.

“Die alghele waarde van die leeus is R900 000. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort,” het Ngoepe gesê.

Talle leeus is verlede jaar in Limpopo vergiftig en dele van die karkasse verwyder. Maroela Media het in September 2016 berig altesaam 13 leeus en tiere is binne ʼn maand op plase in die Groblersdal-, Roedtan en Mookgophong-omgewings vergiftig. In Mei is twee wit leeus op ʼn plaas naby Stockpoort in Lephalale (Ellisras) vergiftig voor hulle koppe en pote verwyder is. Enkele dae daarna is nog twee leeus op ʼn wildsplaas naby Bela-Bela vergiftig en geskiet.

Die leeus se liggaamsdele word vermoedelik vir moetie gebruik.

Ngoepe het versoek dat enigiemand met meer inligting oor vandeesweek se voorval buite Tzaneen kol. Jabulani Ngobeni by 082 451 7169 of Crime Stop by 0860 010 111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Katryn ·

Raai raai riepa! Wie het nouweer wat gedoen! Nie rocket signs nie!

Dion Els ·

Ek sou wens hulle word gou gekry, en by n hok vol honger leeus ingegooi te word. Hulle verdien dieselfde wrede dood

Carel ·

Daar sal niks van kom nie soos al die ander sake. Lyk ons moet maar net aanvaar dat als so dood gemaak word.

Nita ·

Die vlak van barbarisme in ons land is skrikwekkend. Mense het nie n greintjie simpatie vir mens of dier nie.

Stephanus j Heunis ·

En Dan raak ons kwaad as die wild life terug baklei !

Nikolaas ·

Ek is van mening dat die sangomas n multi plaas moet begin waar hulle leeus, aasvoëls en dies meer kan teel, oes en wettig verkoop on aan die markaanvraag te voldoen.
Sodoende sal wild wat vir jag, wildbewaring en besigtiging bestem is beskerm word.

Denise ·

Dit is WREED maar nou ja wie dit ookal gedoen het het geen menslikheid in hom nie en is geen liefhebber van diere nie SKOKKEND !!!!

Susan ·

Liewe Vader help asb. Ons land met al die afgryslikhede….baie onstellend

Martin ·

Iets maak nie sin nie. Hoe gaan mense net by diere soos Leeus in maak hulle dood, sny die koppe en pote af en verdwyn net. ‘n Leeu is nie ‘n klein katjie nie. Nogal drie op een slag.
Miskien moet hulle bietjie daai manne en vrou bietjie vra wat daar aangegaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.