Nog drie Limpopo-burgemeesters gepos

anc-vlagDie ANC het Dinsdag aangekondig dat hy nog drie burgemeesters in Limpopo afgedank het.

Dit kom nadat vier burgemeesters, wat glo bande met die EFF-leier Julius Malema het, verlede week die trekpas gekry het.

Die ANC sê in ‘n verklaring dat die burgemeesters van die Bela-Bela-, Mutale- en Musina-munisipaliteite van hul pligte onthef is.

Dit is glo in ooreenstemming met die besluit van die party se provinsiale uitvoerende komitee om die politieke-bestuurspan van sekere munisipaliteite te herstruktureer.

Carol Phiri van Musina is vervang met Mhloti Ramoyada, Freddy Hlungwane van Bela-Bela is vervang met Lucas Nhlapo en Josephine Mukwevho van Mutale is vervang met Sarah Rammbuda.

Die ANC het ook die name bekend gemaak van die persone wat die vier burgemeesters wat verlede week afgedank is, vervang.

Gilbert Kganyago is die nuwe burgemeester van die Capricorn-distriksmunisipaliteit, Themba Nkadimeng is die nuwe burgemeester van Polokwane, Julius Mathebe is die nuwe burgemeester van die Elias Motsoaledi-munisipaliteit en Ralepane Mammekwa is die nuwe burgemeester van die Groter Tubatse-munisipaliteit.

Lees ook:
ANC pos vier Limpopo-burgemeesters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.