Nóg drie munisipaliteite se krag bly vir eers aan

Argieffoto

Argieffoto

Nóg drie munisipaliteite, twee in die Vrystaat en een in Noordwes, het ter elfde uur ʼn betalingooreenkoms met Eskom aangegaan om te verhoed dat die kragvoorsiener Maandag begin om kragtoevoer na dié munisipaliteite sny.

Eskom het Sondag aangekondig dat vyf van ʼn reeks munisipaliteite reeds ʼn ooreenkoms met die kragvoorsiener bereik het. Teen Maandag het nog drie munisipaliteite die veilige lysie gehaal. Dit is Dihlabeng (Bethlehem, Fouriesburg, Rosendal, Paul Roux, Fateng-Tse-Ntsho, Panorama en Groenvoerlande) en Masilonyana (Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei) in die Vrystaat en Mamusa (Schweizer-Reneke) in Noordwes.

“Ons het die heeltyd beklemtoon dat kragonderbrekings die laaste uitweg tot ons beskikking is. Ons is geweldig bemoedig deur die soort reaksie wat ons tant beleef,” het Matshela Koko, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, in ʼn verklaring gesê.

Eskom het Sondag bevestig ooreenkomste is bereik met Nketoana (Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz), Nala (Bothaville, Wesselsbron), Tokologo (Boshof, Dealesville en Hertzogville) en Mantsopa (Excelsior, Hobhouse, Ladybrand, Thaba Patchoa en Tweespruit) in die Vrystaat sowel as met die Walter Sisulu-munisipaliteit (Aliwal-Noord, Steynsburg, Burgersdorp, Venterstad en Jamestown) in die Oos-Kaap.

Volgens die kragvoorsiener sal hy seker maak dat die bogenoemde munisipaliteite by die betalingsooreenkomste hou, en indien nie sal die kragtoevoer sonder enige kennisgewing onderbreek word.

Eskom het gesê munisipaliteite wat wil voorkom dat die kragtoevoer afgesny word, moet ʼn kontantbetaling maak, ʼn skriftelike onderneming gee dat rekeninge in die toekoms betaal sal word en ʼn betalingsooreenkoms aangaan.

Intussen sal Eskom voortgaan om die elektrisiteitstoevoer van Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 en 17:00 en 19:30 en op Saterdae en Sondae van 8:30 tot 11:00 en 15:00 en 17:30 in die volgende munisipaliteite af te sny:

Noord-Kaap:

Ubuntu – Victoria-Wes en Richmond vanaf 18 Januarie.

Renosterberg – Van der Kloof, Petrusville en Phillipstown vanaf 18 Januarie.

Noordwes:

Ventersdorp – Ventersdorp, Tshing-township, Appledraai, Buffelsvlei, Boikhutso, Toevlug en Doornkop vanaf 16 Januarie.

Naledi – Vryburg vanaf 16 Januarie.

Lekwa-Teemane – Bloemhof en Christiana vanaf 18 Januarie.

Maquassi Hills – Wolmaransstad vanaf 18 Januarie.

Madibeng – Brits, Letlhabile, Oukasie, Damonsville, Elandsrand en Priminidia vanaf 18 Januarie.

Kgetlengrivier – Koster en Swartruggens vanaf 18 Januarie.

Mpumalanga:

eMalahleni – Doornpoort, Kwaguqa, Witbank en Churchill vanaf 23 Januarie.

Mkhondo – Piet Retief en Amsterdam vanaf 23 Januarie.

Mbombela – Mbombela-stadion/Ilanga Mall, Riverside/Nelsrivier, Witrivier en Nelspruit vanaf 23 Januarie.

Lekwa – Standerton vanaf 23 Januarie.

Msukaligwa – Ermelo vanaf 23 Januarie.

Chief Albert Luthuli – Carolina en Silobela vanaf 23 Januarie.

Lees die vorige berigte ook Eskom op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jem ·

Ek hoop die Munisipaliteite skrik nou wakker en vereffen alle rekeninge. Hoekom moet betalende mense lei oor Munisipaliteite se wanbetalings

Cherokee ·

Jem, dit sou goed gewees het as betalende mense sou lei, maar ek’s bevrees dit is nie die geval nie.

Cherokee ·

Teenvraag Jem, waarom moet betalende mense niè lei nie?

Kobus ·

En so het ons in Vryburg vanoggend ons 1ste gedwonge beurtkrag belewe…nou wag ons in spanning dat dit 5 uur word….

Kobus ·

Vyf minute oor 5….Al wat ons nou hoor is die magtige dreuning van kragopwekkers wat die stilte versteur….

Jan ·

Ek het in Vryburg groot geword. Eerste keer in my lewe dat so iets gebeur , maar nou ja , na 1995 was alles mos free for all.

snoefie ·

maar dis nog nie 23 Januarie nie. die ander gee nie om nie. hulle woon nie in die munisipaliteite nie. so wat gaan hulle hier uit leer? do zoo voort. jy kom in elk geval weg. die krag is buite munisipale ure. lê beslag en verkoop hulle eiendom. leer hulle om kontrole neer te lê. die elektrisiteit diewe moet kort gevat word. hulle is die oorsaak dat due eskom rekening altyd groter is as die elektrisiteit verkope.

Kobus ·

Ja Jan…net toe ons dink die krag is half 8 terug….raai wat…3 min voor 8 is ons in donkerte gehul weereens…ek met almal wat iets is hier kontak gemaak…maar niemand kan my n verklaarbare rede gee waarom die krag skaars n half uur aan was…ek dink dat die kabels weer voete gekry het soos ons al gewoond is aan.

Lance ·

Dis al hoe die mense sal verstaan en begin betaal …hulle dink mos die regering skuld hulle …well nie meer nie

Gus Dry ·

Ek vandag gehoor Mbombela skuld Eskom oor n honderd miljoen.nou wil ek vra.hoeveel maande is die betrokke stadsraad agterstallig en verder hoekom laat Eskom toe dat dit so ver agterstllig raak.

Kobus ·

Ons het voorafbetaalde kragmeters….maar dit help ons niks…die geld verdwyn in bodemlose put…Eskom word R232 miljoen geskuld…en ons wat betaal sit ook in die donker

Natashia ·

Ons hoop die masilonya munisipaliteit stel foutiewe rekeninge reg. Hulle admin is een groot gemors as ons na die rekeninge kyk. Bedrae word foutief teen rekeninge geallokeer

Natashia ·

Hulle weier ook dat ons direkte aansoeke by eskom kan doen vir prepaid meters.

Veronica ·

Onopgelei en skelm is al vereistes wat jy nodig het om by n munisipaliteit te werk.

Dan ·

Die Nuwe SA byt darem oral op baie ongemaklike plekke … en ons wie nie vir hierdie bedeling gestem het nie moet ook die spit afbyt.

Lennox ·

Baie ironies dat Eskom die skuld van Soweto wat na raming amper R2 miljard beloop, gaan afskryf. Waarom word hulle krag nie afgesny nie. n Vriend van my wat in Burgersdorp woon, sê hulle bankrot munisipaliteit se munisipale bestuurder was vir n paar dae Marokko toe. Hoe verstaan mens so iets?

Cherokee ·

Dit is tog waarom daar parlementverteenwoordigers is, om daardie tipe vrae te vra. Dit lyk egter nie asof dit gedoen word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.