Nóg drie ontsnap uit Limpopo-polisieselle

Argieffoto

Die polisie in Malamulele naby Giyani in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na drie verhoorafwagtende gevangenes wat vroeg Maandagoggend uit die polisie se aanhoudingselle ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 01:30 plaasgevind. “Beamptes aan diens het ʼn harde geluid by die deur van die selle gehoor en dadelik gereageer,” het Ngoepe gesê.

“Die drie gevangenes het egter reeds deur die dag uit die sel, wat oopgesny was, ontsnap,” het Ngoepe gesê.

Die ontsnaptes is intussen geïdentifiseer as Mashangu Chauke (30), wat in hegtenis geneem is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, Denveries Mabasa (32), wat in hegtenis geneem is vir poging tot verkragting en Raymond Chauke (33), wat in hegtenis geneem is op aanklag van moord.

Die polisie ondersoek die omstandighede waaronder die voorval plaasgevind het.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat kan lei tot die opsporing van die ontsnaptes kan kol. Thifhelimbilu Makungo by 082 729 0229 of 015 851 7019 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Buitestander ·

Ek kan nie glo dat die Polisistasie so egterlosis kan wees na die vorige ontsapppig nie.
Moet binnekring hulp he.

SjN ·

Inside job, die harde geluid het seker die beamptes wakker laat skrik.

Sarel swartbrand ·

Twak hulle het gelê en slaap soos gewoonlik en die volgende oggend toe die aangehoudenes kos moes kry gesien hulle het ontsnap maar hierdie is niks nuut nie dit is maar hoe die sabv suid afrikaanse belasting vermorsers hulle werk doen.

Coenie ·

Dit is nie duidelik hoekom n gevangene nog by n polisie stasie aangehou word sal dit nie veiliger wees om hulle by die brandweer stasie aan te hou nie ?

Koos ·

Daai storie klink nie waar “kolonel” as jy dit glo glo jy seker ook aan kersvader en die paashaas .

Alida ·

Ag is dit nou nuus. Dit gebeur nou al te dikwels. Daar is net nie meer disipline in SA nie.

christa ·

die polisie doen nie inspeksie ander sou hulle die oopgesnyde hek gesien het. Van die polisie is daar net ‘n handjievol wat nog prober om die polisie se naam hoog te hou., Hierdie polisiestasie se mense wat aan diens was moet almal aangekla word, senior tot junior.

Maggie ·

Dit is nou al di hoeveelste ontsnapping in Limpopo.Hul is duidelik ni bevoeg om di skuldiges agter tralies te hou soos dit hoort ni.Dit is omtrent nou elke week se ding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.