Nog drie ontsnap uit polisieselle

Argieffoto

Nóg drie verhoorafwagtende gevangenes het uit polisieaanhouding ontsnap, dié keer in KwaZulu-Natal.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes het Woensdag uit die Escombe-polisiestasie in Durban se aanhoudingselle ontsnap.

“Die polisie is op soek na Nhlakanipho Nunuzana Dubazane (27) wat in aanhouding was vir moord, Lindelani Majola (19) wat in aanhouding was vir huisroof en Mzikayise Khanyile (38) wat in aanhouding was vir moord,” het Gwala gesê.

Gwala kon nie onmiddellik bevestig hoe die gevangenes daarin geslaag het om uit aanhouding te ontsnap nie.

“Die gevangenes word as gevaarlik beskou en daar word ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie by te staan met inligting oor waar hulle hulself bevind.”

Enigiemand met inligting kan die plaaslike polisie of kapt. Vusumuzi Mbatha by 082 411 6790 bel.

Maroela Media het vroeër berig 16 verdagtes het op 9 April in ʼn onverwante voorval uit ʼn Johannesburgse gevangenis ontsnap. Die verhoorafwagtende gevangenes het omstreeks 03:00 die betrokke oggend uit die Johannesburgse Medium A-tronk, ontsnap. Twee van die 16 is op 10 April in ʼn skietgeveg in KwaZulu-Natal deur die Valke doodgeskiet en vier ander is intussen in hegtenis geneem. Tien is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Buitestander ·

Hoeveel Polisie beamptes was hierdie keer betrokke???

AG ASSEBLIEF TOG ·

Blykbaar net jy. Ek hoor jy was maar skrikkerig.

Pieter ·

Ek stem dit is nuuswaardig as hulle nie uit die polisie selle ontsnap nie met die nikswerd sapd
??

Max ·

Hulle het nie ontsnap nie. Hulle is net volgens hul tradisie vrygelaat.

Daan ·

Die polisie het nie meer mense wat speurwerk kan doen en mense kan vang nie ,hierdie klomp moes per toeval gevang gewees het om iemand het hulle verkla ,so die feit dat hulle in die selle is is amper 1 uit 1000000 nou “ontsnap”??hulle …need i say more???

Johanna Botha ·

Dis byna n weeklike ding die ontsnappings …polisie is en bly maar useless !

Anoniem ·

Korreksie, nog drie misdadigers uit gevangenis gehelp. Iemand werk met ‘n plan.

RH ·

Fotos van die klomp sal meer help as n lang opskrif! ons weet nie hoe lyk hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.