Maroela Media verneem Busi Ntuli, uitvoerende vervaardiger van Special Assignment, Krivani Pillay, uitvoerende vervaardiger van SAfm se aktuele programme, en Jacques Steenkamp, senior ondersoekende joernalis, het Donderdag skorsingsbriewe ontvang.
Dit kom nadat die drie vroeër die week ʼn sterk bewoorde brief aan Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, geskryf het waarin hulle duidelikheid versoek het rakende “redaksionele beleid” en hul kommer uitspreek het oor die “onregverdige skorsings” van hul kollegas.
Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, is verlede Donderdag saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors, omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het.
Maroela Media verneem dat Krige, Venter en Gqubule se tugverhore môre plaasvind. Die SAUK het glo ook vir Ntuli, Pillay en Steenkamp versoek om môre tugverhore by te woon. Die drie gaan na wat verneem word aanvoer dat dit te kort kennisgewing is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
28 Kommentare
As die joernaliste die kommentaar lees vra ek julle saam met die hele SA om te sorg dat die SAUK afgeskakel word totdat Mutambi en Motsoneng “ge-fire” is!!
wat gaan aan met ons land? is ons ‘n tweede Zimbawe dit lyk my so dat die ons as burgers niks mag weet nie
Die SAUK kort n dringende ondersoek na die beampetes in bevel. Hulle is tans total buite orde met belaglike besluite. Nie n goeie beeld so voor die verkiesing nie.!!!!! Daar is baie belangriker dinge wat die publiek se aandag geniet as om ons verslaggewers rond en bont te vervolg. My raad aan die SAUK skrik asseblief…al skrik julle net wakker. Dis lagwekkend!!!
Hulle moet 3 dae voor die tyd skriftelik in kennis gestel word.
Mense,SABC wys net meer sy ware kleure in die openbaar! Enige een wat die waarheid verkondig is n vyand van Motsoeneng en Anc wat hul beheer.Ek wil dit weer beklemtoon.Jy moet n goeie oordeel handhaaf wat SABC en sy gehoorsame radiostasies uitsaai, anders word jy permanent gebreinspoel! Daarom geld Motsoeneng se leuse:”Doen wat ek se, of kry jou ry!”