Nóg drie senior SAUK-joernaliste geskors

Jacques Steenkamp het na die skorsing van drie van sy kollegas sy profielfoto op Facebook verander.

Jacques Steenkamp het na die skorsing van drie van sy kollegas sy profielfoto op Facebook verander.

Die SAUK het nóg drie senior joernaliste geskors.

Maroela Media verneem Busi Ntuli, uitvoerende vervaardiger van Special Assignment, Krivani Pillay, uitvoerende vervaardiger van SAfm se aktuele programme, en Jacques Steenkamp, senior ondersoekende joernalis, het Donderdag skorsingsbriewe ontvang.

Dit kom nadat die drie vroeër die week ʼn sterk bewoorde brief aan Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, geskryf het waarin hulle duidelikheid versoek het rakende “redaksionele beleid” en hul kommer uitspreek het oor die “onregverdige skorsings” van hul kollegas.

Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, is verlede Donderdag saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors, omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het.

Maroela Media verneem dat Krige, Venter en Gqubule se tugverhore môre plaasvind. Die SAUK het glo ook vir Ntuli, Pillay en Steenkamp versoek om môre tugverhore by te woon. Die drie gaan na wat verneem word aanvoer dat dit te kort kennisgewing is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theuns ·

As die joernaliste die kommentaar lees vra ek julle saam met die hele SA om te sorg dat die SAUK afgeskakel word totdat Mutambi en Motsoneng “ge-fire” is!!

ansie ·

wat gaan aan met ons land? is ons ‘n tweede Zimbawe dit lyk my so dat die ons as burgers niks mag weet nie

Illa ·

Ansie, ons stap al laaankal die pad na Zimbabwe. Dis net jammer die ongeskoolde en semi-geskoolde massas besef nie dat ons land oorloop van Zimbabwe-burgers omdat die melk en heuning daar opgedroog het danksy die toepassing van anti-kolonialisme nie. Die dinge kry nou net momentum. Dit is vir my baie toevallig dat daar elke keer wat die huidige regering iets skandellik aanvang, daar ewe skielik weer rassistiese kommentare uitlek wat die aandag heeltemal aftrek van wat onder ons neuse gebeur. Hou die massas net kwaad vir die minderheid en hul vergewe enigiets wat hul “freedom fighters” doen.

vermeende ·

“Wat gaan aan met ons land”

Die bevreiders Ansie (liberaliste) Die uit ons land se geskiedenis en die huidiges.

Tammy ·

Die SAUK kort n dringende ondersoek na die beampetes in bevel. Hulle is tans total buite orde met belaglike besluite. Nie n goeie beeld so voor die verkiesing nie.!!!!! Daar is baie belangriker dinge wat die publiek se aandag geniet as om ons verslaggewers rond en bont te vervolg. My raad aan die SAUK skrik asseblief…al skrik julle net wakker. Dis lagwekkend!!!

MM ·

Hulle moet 3 dae voor die tyd skriftelik in kennis gestel word.

Rynhardt ·

Mense,SABC wys net meer sy ware kleure in die openbaar! Enige een wat die waarheid verkondig is n vyand van Motsoeneng en Anc wat hul beheer.Ek wil dit weer beklemtoon.Jy moet n goeie oordeel handhaaf wat SABC en sy gehoorsame radiostasies uitsaai, anders word jy permanent gebreinspoel! Daarom geld Motsoeneng se leuse:”Doen wat ek se, of kry jou ry!”

Loeis ·

“Sjoes. As niemand weet nie, het dit nie gebeur nie.”

Siedaar, probleem opgelos.

Loeis ·

Sy mense gaan hom nie aflag nie. Volgens een studie reken inwoners van die Nkandla omgewing dat Zuma die regted ing gedoen het: hy is die leier, hy moet dit doen. Dit is die Afrika denkwyse.

Zuma is nie die eintlike probleem nie, hy is ‘n simptoom daarvan.

Pammy ·

SA doen presies soos Zimbabwe !!!! Tog te bang en land en die res van die wêreld hoor en sien en lees wat in hierdie sirkus gebeur ! Lankal tyd om van die SAUK se narre ontslae te raak.

Faan Ries ·

Waar is Afriforum en Solidariteit? Het die geskorstes die nuwe beleid geteken as deel van hulle oorspronklike diens ooreenkoms? Wat staan hulle te doen deur die CCMA aangaande die behandeling wat hulle ontvang? Onthou dat die verhouding is nou geskaad en al keer hulle na die verhoor terug werk toe sal die werksverhouding nie die selfde wees nie.
Ek stem saam die mense moet nou beskerm word
Die joernaliste se monde word gesnoer om verdere vergrype en die werklike toestand in die land onder die mat te vee. Gesnoerde beriggewing in die ou aparteids tyd lyk nou na n skool piekniek. Mooi en eensydige propaganda is nou al nuus wat ons kan verwag. Moet tog net nie rassities wees of naastenby n klankie daarvan he nie want dit sal hoofberig wees

Bach ·

Faan , Afriforum en Solidariteit sal wel hul kant bring. Ek hoop jy is ‘ n ruim geldelike bydraer anders durf jy en ander nie wonder waar hulle is nie.

Piet Snot ·

Bach, jy sê ‘n waar ding.
Dis goed dat ons gedurig Solidariteit inroep as daar ‘n probleem is, maar na regte mag niemand mos ‘n keel opsit as hy nie reeds help betaal nie.

Nnn ·

Dit hang af wat in daardie beeldmateriaal was. Mens kan ook nou nie dat jou kinders perongeluk op die nuus sien hoe iemand vermoor word nie. Daar is tog reels van wat uitgesaai mag word en nie. Verder kan sekere beeldmateriaal massa histerie veroorsaak. Netnou sien n groep mense hoe ander iets afbreek en dan klim hulle in en begin dit ook doen.

Kiepie ·

Nnn, agter watter klip bly jy? Mens sien elke ding deesdae op sosiale media lank voor dit op die aandnuus gebeeldsaai word. Hierdie muilband gaan niks doen aan die mate waartoe inligting versprei word nie. Maar dit gaan oor die beginsel van sensorskap (of pogings daartoe) deur die staatsbeheerde uitsaaier.

Thanks ·

As n ou mooi daarna kyk dan is dit goeie nuus. n Bewys dat pnc begin benoud raak. Hierdie verkiesing kom n ding. Dankie vir die manne wat hul rug styf maak.

johann cb ·

Ek hoop net dat die joernaliste geskors is met volle voordele, soos wat die norm in die staatsdiens is. Sterkte aan almal van julle – ons hoor julle binnekort terug op die lug!

Marietjie ·

Hi mense gelukkig is daar nog face book, twitter en baie ander media waarvan ons gebruik kan maak, so neem foto’s en stuur dit self na verskillende lande. Hou op om TV lisensies te betaal want al ons programme word ook afgehaal.

Hasie ·

Ek wens jacob zuma wil inmeng by die “sabc” dan kan motsoeneng hom ook sommer “fire” en SA is van hom ontslae.

Spook ·

KOMMUNISME!!!!!Bevraagteken die leierskap en jy word vernietig

John ·

Die gebeure moet nie ligtelik afgelag word nie. Die oorname van radiostasies en lughawens is eerste op die lys wanneer ‘n groep mense beheer van ‘n land neem. Wat ons moet vra is wat beoog die ANC met hierdie plan. Die SABC voer duidelik opdragte uit van boontoe op in die lyn.

Staan op jul regte ·

Jacques Steenkamp sal nie uit lyn uit optree, so kêrels & dame staan op jul regte, kry regshulp vir die verhore. Alles van die beste Jacques, ek geniet jou op die man af berriggewing!

Nico ·

SAUK nou groter grap as SANRAL. Hoop miljoene mense weier om TV lisensies te betaal. Sink hulle soos e-tol. Moenie die bevolking se intelligensie onderskat nie.

Lance ·

Nico ek stem saam ….voorspel mense gaan nie lesensies betaal nie …wie kan nou betaal vir so n swak korrupte diens !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.