Nog drie sterf dié week in Kaapse geweld

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie in die Wes-Kaap het ’n 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel nadat die liggame van drie onbekende mans Saterdagoggend in Samora Machel in Kaapstad aangetref is.

Die mans het elkeen ’n skietwond aan die kop gehad.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die mans, vermoedelik tussen 20 en 25 jaar oud, se liggame is omstreeks 06:30 in die pad in die Vlei-omgewing gevind.

Volgens Traut is die motief vir die moorde nog onbekend.

Die polisie doen nou ’n beroep op enigeen met inligting omtrent die moorde om na vore te kom en die misdaadstopnommer by 0860010111 te skakel.

Die moorde in Samora Machel volg dae nadat sewe mense Woensdagmiddag in Gugulethu doodgeskiet is. Maroela Media het vroeër berig dit wil voorkom asof dié slagoffers op teregstellingwyse geskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Mense die duiwel is los! Nóg moorde hel nuwe nasionale sport in Suid-Afrika. Ek neem aan die wapens is gelisensieerd?

Die Boerepompie

Moet n Hit wees daar is mense wat ander net wil moor

Joe Olivier

Beki en sy bende behoort seker die skuldiges maklik vas te trek. Dis mos net ‘n vinnige ballistiese toets en voila het jy die eienaar van die wettige vuurwapens wat die skote gevuur het. Of is ek nou baie sarkasties?

JohanR

Darem baie wapens in die om gang ou Hoed. Dink nie sal Gugulethu toe gaan om te ondersoek nie. Jy is meer ‘n strand man!

annie

72-uur-aktiveringsprogram? Wat behels dit? Deur wie? Die boewe is duidelik nie mense wat sommer vir die grap met gewere na die hemel mik en hoop iemand word iewers getref nie. Om rond te vra wie is daar wat nie baie van iemand anders hou nie en dan ‘n prekie te gaan afsteek, hoed in die hand nie, sal ook nie help nie. Die ANC, DA, EFF, VF+ of UFO’s het duidelik nie raad met daai onhebbelikes nie.