Nog drie vas ná grumoord op tiener

Patronicia Jordaan (Foto: Facebook)

Nog drie verdagtes is Vrydag vroeg in hegtenis geneem in verband met die verkragting van en moord op die 14-jarige Patronicia Jordaan van Helenvale in Port Elizabeth.

Patronicia se liggaam is verlede week met verskeie steekwonde in die bosse tussen Gelvandale en Algoapark aangetref nadat sy in ʼn huis in Helenvale, waar daar altesaam 12 mans was, glo om die beurt verkrag is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê drie verdagtes is vanoggend tussen 04:00 en 06:00 by drie onderskeie huise in Gelvandale in hegtenis geneem in verband met die verkragting en moord.

Die verdagtes, onderskeidelik 21, 30 en 38 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Altesaam agt verdagtes is nou reeds aangekeer in verband met die misdaad en nóg inhegtenisnemings word verwag, sê Naidu.

Die vyf verdagtes wat vroeër in hegtenis geneem is, het reeds Maandag in die hof verskyn. Die saak is tot 24 Maart uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding.

Die verdagtes het almal na wat verneem word bande met bendes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kaal Keiser

So wreed…

Stefan

Niks minder as lewenslank, dit is wreed verby, wat ‘n einde vir die arme dogter.
En as die mans dronk was, DIT BEHOORD NIE VERSAGTENDE OMSTANDIGHEDE TE WEES NIE omdat hulle kamstig nie geweet het wat hulle doen nie.

Sarel

My liewe mens watter leiding moes jy nie deurmaaknie.
Ironie is dat Gemeenskappe die Bendes beskerm.

Casper

Stefan ,gelukkig word dit nie meer as versagting aanvaar nie aangesien daar strukture is wat mense help met drankprobleme.Hulle mag nooit weer die buitekant van die tronk sien nie.

Samuel

Lewenslank? Nee, die doodstraf moet terugkom. Die polisie moet kragdadig optree.