Nog drie vas ná inbraak by nuwe skool

Een van die digitale interaktiewe slimborde wat teruggevind is. Foto: SAPD

Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn inbraak by ʼn splinternuwe skool in Brakpan aan die Oos-Rand wat meer as R100 miljoen gekos het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê twee van die interaktiewe slimborde wat by Menzi Primary School gesteel is, is Vrydag in Orange Farm opgespoor. “Die Ekurhuleni-Oos trio-taakspan het beslag gelê op die twee slimborde asook ʼn ongelisensieerde vuurwapen,” het Makhubele gesê.

“Drie verdagtes, tussen 26 en 31 jaar oud, is in Katlehong in hegtenis geneem. Dit bring die getal verdagtes sedert die inbraak by Menzi Primary School op tien te staan.”

Maroela Media het vroeër berig die inbraak by die skool het middel Januarie, net ʼn week nadat die skool aan die gemeenskap oorhandig is, plaasgevind. Die toerusting wat gesteel is, sluit 185 tablette vir leerders, agt skootrekenaars vir onderwysers, twee dataprojektors, drie lessenaarrekenaars, ʼn plasma-TV, kleinkaskontant van minder as R500 en ʼn digitale video-opnemer in.

Makhubele het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met enige inligting wat kan help om nog verdagtes of ander gesteelde toerusting op te spoor. Inligting kan by Stop Misdaad by 0860 010 111 aangemeld word.

Die verdagtes sal Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ai, mens kan ook net jou kop in ongeloof skud: hierdie gemeenskappe voel vere vir hul kinders se toekoms! En dan het die paddaman nogals plegtig belowe dat elke “learner” binne die vlg ses jaar n tablet in die hand sal he… Die “gemeenskap” kan seker nie wag nie! Wat n sirkus.

Belastingbetaler ·

Die nuwe skool met al sy tegnologie het soveel publisiteit ontvang dat dit nie snaaks is dat so iets gebeur het nie.. As dit was om politieke munt uit die bekendmaking van die skool te slaan, was die motief vir die bou van die skool, vals. Die beginsel bly “Jou lingkerhand moenie weet wat jou regterhand doen nie” veral as jou motief nie suiwer is nie.

lewies ·

Hanna Hoekom Dit is duidelik dat min mense die video van Bred Huddleston oor tegnologie verslawing gekyk het. Hy het ook ‘n boek geskryf oor die “Dark Side of Technology”

Daan Erasmus ·

Soos die President gesê het: elke kind sal ‘n tablet rekenaar kry. 6 maande later sal elke krimineel ‘n tablet rekenaar hê. Of die helfte van Nigerië sal tablet rekenaars hê.

Gert van Wierdapark ·

Die mannetjies wat vasgetrek is, wou natuurlik ook met die nuutste tegnologie hul studies “bevorder”. Dis in elk geval makliker as kabels-gryp ens. Miskien moet Gevangenis-diens daaraan oorweging skenk om via Boos-A-Sa n skenking vir sulke Slimborde te kry sodat die ouens agter tralies nie met n agterstand sit nie!

humor ·

Jacob het gratis onderrig belowe. Hierdie manne het blykbaar ook daarvoor die stryd gestry en dit het nie geslaag nie en nou poog hierdie edeles net om gratis onderrig op hul manier te bekom. Dink net hoe baie ander skoliere kan hulle daarmee help. Ek stel voor geen straf nie maar wel ondersteuning.

SjN ·

Met elke roof/aanval is die lafaards gewoonlik n hele trop, te bang om dit alleen te probeer.

Schalk ·

Ek wonder aan watter party behoort die inbrekers.Nogal nuuskierig as ons gevangenis moet se watter party hul voor stem of vir wie hul laas gestem het sal daar mooi prentjie gevorm word.

Heksie ·

Die skool is nie in Brakpan nie!!!! Blanke kinders sal tog so gelukkig wees om ‘n nuwe skool te kry met soveel nuwe toerusting!

Dis in die swart woonbuurt, Tsakane, wat tussen Brakpan en Heidelberg geleë is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.