Nog drie vas ná Lephalale-boer se moord

Foto: Heritage Protection Group

Foto: Heritage Protection Group

Nog drie verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Hendrik Pieterse (57), wat Maandag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Lephalale-distrik (Ellisras) in Limpopo, vermoor is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het die inhegtenisneming bevestig. “ʼn Vuurwapen en ammunisie, wat aan die oorledene behoort, asook sy voertuig, is in die verdagtes se besit gevind,” het hy gesê.

Lede van Heritage Protection Group (HPG) het ʼn span speurders en die honde-eenheid van Lephalale bygestaan om die verdagtes aan te keer. Sakkie Louwrens, direkteur van HPG, het gesê die drie is in die Lephalale-omgewing vasgetrek.

Die eerste twee verdagtes is Maandag kort ná die aanval op die plaas, Fourieskloof, aangekeer. Maroela Media het vroeër berig Pieterse is in die vroeë oggendure in sy huis oorval en met ʼn swaar voorwerp aangerand. Verskeie items is uit die huis gesteel, insluitend ʼn kluis.

ʼn Familielid het later op Pieterse afgekom en met hom na die hospitaal gejaag. Hulle het op pad na die hospitaal die ambulans langs die pad gekry, maar Pieterse is dood voordat hy by die hospitaal kon uitkom.

Mojapelo het gesê dit is nog nie duidelik of daar na nog verdagtes gesoek word nie en die polisie se ondersoek sal dit bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

frederik ·

Baie dankie Maroela vir die beeld toevoeging van die berig. “one picture is worth a 1000 words”. Dit is nou die tweede keer wat ek dit sien. Weereens baie dankie.

AL ·

Bring die menslike afval vir ons dat ons hulle kan vrekmaak! Waarvoor betaal ons belasting, dra by tot die land se ekonomie maar die Regering met sy Nr 1 se aanhitser en sy Nr 2 lakei wis ons uit. Wie gee hul die reg op God te speel om te besluit wie moet sterf en wie moet lewe

Helena ·

Stem saam, wie is hulle om ons mense so uit te wis, as ons wittes iets verkeerd doen word dit uitgesaai op die nuus, mook hulle doen en late word stil gehou, en jy hoor nooit wat van hulle word as hulle gearresteer word ni, als loop dood.
Tyd dat daar weer n staande mag gevorm word, al ons jong kinders wat loop en niks doen ni, lei hulle op. Sodat ons kan saamstaan in ons regte.

Theresa ·

Verheug oor die arrestasies. Nou die regte straf – geen borgtog ooit nie.

Bekommerd ·

Ek wonder van watter nasionaliteit die verdagtes is. Miskien moet ons ook belê in ‘n muur.

Wilmarie ·

Baie bly hulle is vasgetrek! Net jammer dit moes in die eerste plek nie gebeur het nie, soos die duisende ander boere!

AL ·

Dankie SAPD vir jul uitstekende werk. Jul kan hom vrylaat in die gemeenskap. Ons ander landsburgers weet wat om te doen met moordenaars en verkragters …

Magda ·

Baie goeie werk SAPS – GEEN BORG – EN MENSE ONS MOET BLY VRA VIR DIE DOODSTRAF ASB.

Ester de Klerk ·

DOODSTRAF!!!!!!!!

AS DIE DOODSTRAF TERUG GEBRING WORD IN SUID-AFRIKA GAAN ONS MINDER MET SULKE SINNELOSE DADE TE DOEN HE. WIE HET HULLE DIE REG GEGEE OM MENSE DOOD TE MAAK OM TE ROOF.

EK GLO AS DIE DOODSTRAF TERUG GEBRING WORD IN SUID-AFRIKA GAAN ONS LAND MINDER KRIMENELE, NIGERIEERS EN ONWETTIGE IMMIGRANTE HE.

HULLE SAL DEFNITIEF 2 KEER DINK….

AL ·

Ek stem maar dit sal nie gebeur nie. Lewenslank wat 25 jr is, is te min. Sluit hul vir ewig toe sonder parool is die 2de beste opsie. Dan kan hul niemand weer doodmaak nie.

JUDGE JULIE ·

REGTIG? wil jy deur ‘n GESWAAIDE REGTER MOTATA die doodstraf opgele word omdat jy iets verkeerds op FACEBOOK gese het?? Jy moet asb mooi dink wie is die REGTERS tans op die REGSBANKE . nie meer jou pelle nie .

Renette ·

DOODSTRAF sal nie gebeur nie wie gaan vir die ANC en EFF stem as al hulle aanhanger gehang is

Ina ·

As hul in tronke sit, “eet” hul di belasting betaler se swaar verdiende geld

Grassie ·

Puik werk gedoen deur die polisie en diegene wat hul bygestaan het. Baie dankie.

Christo Smit ·

Hy was seker net honger! haha dis mos die verskoning

Willie ·

Ek is ook dalk kleurblind, net snaaks dat dit altyd dieselfde gelaat is… Volksmoordenaars, bangbroeke wat in groepe kom.. en Ja kan jy dit glo hoeveel van die moordenaars van oor die grens Afrikaans praat…dit verstom my…?

Jelly Tot ·

EK is beindruk met die POLISIE Se werk, maar NIE met die HOWE Se werk nie. Die POLISIE werk dag en nag om die moordenaars en verkragters op te spoor en in hegtenis te neem, dan laat LOS DIE HOWE Hulle . ek wil dit se voor die nuwe haatspraakwet inkom . want dan mag jy niks meer teen ‘n judge of prokureur se nie so ek se dit NOU MAAR … DIE REGSTELSEL tans is PATETIES .. HULLE stel teleur .. hulle VERNIETIG gesinne en families met SWAK BESLUITE!!

Scalla ·

geluk sapd dat jul die lafaards gekry het, hoop die skuim word swaar gestraf.

Drikus ·

Dit is reg dat ons op die blad die kans kry om ons afkeur bekend te maak. Dit is net nie genoeg nie. Wat makeer ons dat ons niks doen om saam te staan en mekaar te help beveilig nie? Wat makeer ons dat ons nie in groot massas optrek na elke hofsaak van die wrede lafaards om ons afkeur sigbaar en eensgesind te gaan betoon nie. Stel julle voor watter aandag dit by die owerhede gaan trek, en hoeveel moed dit gaan skep by pligsgetroue SAPD lede en gemeenskappe nie. Ons kan nie net niks doen nie. Ons is dan self lafhartig of bloot net selfsugtig. Vra maar die Oud-Rhodesiërs wat hulle vandag anders sou gedoen as om net te hoop dat hulle nie die volgende slagoffer gaan wees nie. Kyk wat gebeur nou in Kenia waar plase in groot getalle beset word sonder dat die regering dit probeer stop, net omdat hulle nie die steun van die massas wil verloor nie. Ons moet in getalle opstaan in stilswyende wetsgehoorsame betogings. Ons sal verbaas wees uit watter oorde ons dan steun sal ontvang, ook vanuit die geledere van ons mede-landsburgers, wat net so moeg is vir geweld en misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.