Nog drie vas ná wag in winkelroof sterf

Foto: ANA

Foto: ANA

Die polisie in Limpopo het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die rooftog by ʼn Polokwane-winkelsentrum waartydens ʼn veiligheidswag doodgeskiet is.

ʼn Totaal van vyf verdagtes is reeds in hegtenis geneem in verband met die voorval Woensdag by die Savannah Mall toe ʼn groep gewapende mans ʼn juwelierswinkel beroof het. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant en juwele gevlug, waarna een van die verdagtes die veiligheidswag wat toevallig op die toneel afgekom het, doodgeskiet het.

Twee verdagtes is Woensdag ʼn paar uur ná die rooftog in hegtenis geneem nadat die polisie hulle deur middel van beeldmateriaal van kringtelevisiekameras geïdentifiseer het. Kapt. Ntobeng Phala, woordvoerder van die polisie, het gesê die ander verdagtes is Donderdagoggend by ʼn huis in Seshego in hegtenis geneem.

“Ons is baie optimisties dat ons die oorblywende verdagtes ook in hegtenis sal neem.” Phala het gesê die verdagtes sal tereg staan op aanklagte van moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tamboti ·

Ek sou graag wou weet wat is die verdagtes se misdaad rekord is en by hoe lank hul in arres gaan bly voor hul weer op straat is.

Mirna ·

Ek en my 13 jarige seun was ook ten tye van die roof daar en tussen skote wat net sowel 1 van ons kon tref. Só traumaties. Dankie dat hulle vasgetrek is – goeie werk. Hopelik bly hulle nou waar hulle hoort. So jammer vir die wag wat met sy lewe geboet het a.g.v. selfsugtige gewetenlose gemors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.