Nog drie vas oor Kraaifontein-moorde

Die toneel in Joostenbergvlakte, Kraaifontein waar die liggame van ses mans op 9 Desember 2014 opgespoor is Foto: ENCA

Die toneel in Joostenbergvlakte, Kraaifontein waar die liggame van ses mans op 9 Desember 2014 opgespoor is Foto: ENCA

Altesaam 10 mense is nou in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mans van Kraaifontein in Kaapstad.

“Drie persone is oor die naweek in hegtenis geneem,” het Eric Ntabazalila, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Dinsdag gesê. “Elk van die mans staan nou tereg op ses aanklagte van moord met voorbedagte rade.”

Die beskuldigdes bly in aanhouding by die Pollsmoor-gevangenis en sal die feesseisoen agter tralies spandeer. Die mans het Dinsdag in die Bluedowns-landdroshof verskyn en saak is tot 24 Februarie uitgestel vir hul aansoek om borgtog. “Die staat sal borgtog teenstaan,” het Ntabazalila bygevoeg.

Die liggame van ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is op 9 Desember in Joostenbergvlakte naby Kraaifontein aangetref. Verbygangers het die gru vonds gemaak. Die mans se hande is agter hul rûe vasgemaak en hulle het gesig na onder gelê. Hulle is met klippe doodgegooi.

Agt mans is op 17 Desember in hegtenis geneem in verband met die moorde, maar aanklagte is tydens die hofverrigtinge teen een van die verdagtes teruggetrek weens ʼn gebrek aan voldoende bewyse.

Lees alle vorige berigte oor Kraaifontein op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.