Nog drie vas oor perlemoen in Kaapstad

Foto verskaf deur die SAPD

Drie persone is in Khayelitsha in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle 6 742 stukke perlemoen in hul besit gehad het.

Die persone, wat Donderdag in hegtenis geneem is, word verbind met die inhegtenisneming van ʼn man in Lwandle wat perlemoen, met ʼn geraamde straatwaarde van meer as R500 000, in sy besit gehad het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê die ondersoek het speurders na ʼn verlate Ford-voertuig, op die hoek van Pama- en Kusasastraat in Khayelitsha gelei. Hier het hulle beslag gelê op die 6 742 stukke perlemoen.

“Drie verdagtes, onderskeidelik 24, 27 en 39 jaar oud, is kort daarna in hegtenis geneem. Hulle het met ʼn ander Ford-voertuig rondgery.”

Die verdagtes het glo ook duiktoerusting in hul besit gehad en hulle is verbind met die verlate voertuig in Lwandle en die man wat Donderdagoggend in hegtenis geneem is. “Hulle is oorspronklik van Hermanus. Hulle sal in ʼn hof in Khayelitsha verskyn sodra hulle formeel aangekla is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.