Nog drie vra vir genadedood

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense wat terminaal siek is, berei tans hofaansoeke voor om te versoek dat dokters hulle bystaan om wetlik hul lewe te beëindig.

Netwerk24 berig Lee Last, ʼn uitvoerende lid van die organisasie Dignity SA, het Woensdag gesê drie mense het die groep gevra om hulle te help om hul onderskeie aansoeke by die hooggeregshof in te dien.

Volgens Last het die persone na verwagting ses maande oor om te lewe. Hul aansoeke is egter nie dringend nie en sal op die gewone hofrol geplaas word.

Dit volg ná verlede week se hofbeslissing dat die voormalige advokaat, Robin Stransham-Ford, met behulp van ʼn dokter sy eie lewe kon beëindig sonder dat die dokter vervolg of dissiplinêr verhoor mag word. Stransham-Ford het aan prostaatkanker gely wat na ander dele van sy liggaam versprei het en reeds in ʼn gevorderde stadium was.

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn dringende aansoek deur Stransham-Ford toegestaan dat ʼn dokter hom mag help om sy lewe te beëindig. Hy is egter aan natuurlike oorsake dood slegs twee uur voordat die uitspraak gelewer is.

Regter Hans Fabricius het ʼn aansoek deur die staat en die Raad vir Gesondheidsberoepe om die beslissing terug te trek, geweier. Hy het gesê die saak is in openbare belang en raak meer mense as net Stransham-Ford.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jean ·

And they are off!

Revelation 9:6 And in those days shall men seek death, and shall not find it; and shall desire to die, and death shall flee from them.

Anyday now..

Ronel ·

Ek se maak dit legal elke mense het n besluit oor hulle eie lewe vandag..As ek moet gediagnoseer word met kanker sal ek dit ook verkies voor ek lui..Het 2 familie lede sien lui tot op die laaste deur kanker ek sal nie deur so iets ooit wil gaan nie

Marietjie ·

Ek het te lank in ‘n hospitaal gewerk en hopeloos te veel onnodige lyding gesien en is ‘n voorstander van genadedood. Dit is nes aborsie, elkeen se persoonlike besluit. Respekteer dit en laat die pasiënt met waardigheid en rustig gaan.

Eish! ·

Marietjie ek stem volmondig saam. As iemand my kan vermoor wanneer hy wil en nie die doodtraf kry nie, hoekom mag ek nie besluit genoeg is NOU genoeg nie?

Jean ·

Hoe is aborsie ‘n persoonlike besluit vir ‘n baba? 20 jaar se tv brain washing seker.

Nina ·

En hoe is om weggesmyt te word na geboorte ‘n pasgebore baba se keuse, Jean? Honderde babas word soos gister se vis-en-chips papiere weggegooi om te lê en doodgaan in die veld, of in ‘n verdomde longdrop! Jy wat so slim is! Aborsie is elkeen se EIE keuse, nes genadedood! JY hoef nie daarvan te hou.

nig ·

Kyk net om mens – al die ongewenste kinders wat in die lewe gebring is en dan ly. Word mishandel, seksueel misbruik of dood eenvoudig verwaarloos. As hulle KON kies sou hul sekerlik aborsie verkies bo wat hul dag vir dag moet deurmaak!Maak nie saak hoe sleg dit klink ek dink dis die waarheid en klaar.

Griki ·

Ek is nie vir of teen genadedood nie, want ek was nog nooit in so ‘n posisie nie en weet nie wat ek sou doen nie. Ek is teen aborsie as ‘n vorm van geboortebeperking, maar nie as daar dwingende mediese redes daarvoor is nie. MAAR ek sal baklei tot ek neerslaan vir elkeen se rég op sy méning en dit respekteer.

Jean ·

Of jy nou die baba voor of na geboorte vermoor, bly dit tog immers moord. Wil jy sê dis ok om te moor want dis ‘n persoonlike keuse of jy wil vermoor of nie? Daar is immers nog ‘n lyn tussen reg en verkeerd. Om als te definieer soos dit jou pas maak jou nie minder skuldig nie. Is ‘n slagoffer net ‘n slagoffer as hy/sy binne jou definisie van ‘n mens val? As als so relatief is, dan hoekom ontsteld wees oor ‘n vriend of familie lid se moord of verkragting of verlies? Die krimineel is mos geregtig op sy/haar keuses? Julle draai alles onderste bo. So hoe kan daar redding weer vir iemand wat nie eers kan sien hoe verlore hy/sy is nie?

Christine Hahn ·

Kom ons bly weg van aborsie, dis heeltemaal ‘n apparte kwessie. Wat genadedood aan betref: Ons sit ons troeteldiere uit om hulle lyding te stop, maar mense word kunsmatig aan die lewe gehou om hul lyding te verleng. Waar iemand self vra om met waardigheid te sterf, moet sy wense gerespekteer word. Selfmoord is so ‘n morsige en skrikwekkende proses. Dokters het die kennis om iemand pynloos en rustig te laat sterf. As ‘n dokter self bereid is om dit te doen, hoekom nie?

Jean ·

Hoekom nie?

Want daar is ‘n spesiale plaag wat gebêre word, tot die regte tyd, vir mense wat daarop aandring dat die mag oor lewe en dood bloot ‘n besluit is. (Revelation 9:6)

Maar terwyl daar dan nog tyd is (Hebrews 3:15), laat ek jou uitdaag om uit te vind wie se vingers is dit daai wat daar om jou hart gevou is (Job 1:21). Dis daar vir almal om te sien, en dis sigbaar sonder enige spesiale dwelm middel (Romans 1:19).

Dan wil ek jou uitdaag om dan vir DAAI Ou te sê dat dit JOU besluit is of jy wil lewe of sterwe.

Luke 18:13 And the publican, standing afar off, would not lift up so much as his eyes unto heaven, but smote upon his breast, saying, God be merciful to me a sinner.

Revelation 9:6 And in those days shall men seek death, and shall not find it; and shall desire to die, and death shall flee from them.
Hebrews 3:15 While it is said, To day if ye will hear his voice, harden not your hearts, as in the provocation.
Job 1:21 And said, Naked came I out of my mother’s womb, and naked shall I return thither: the LORD gave, and the LORD hath taken away; blessed be the name of the LORD.
Romans 1:19 Because that which may be known of God is manifest in them; for God hath shewed it unto them.

pop ·

Is die nou n kerk ook??? Dis mense soos Jean wat maak dat ek horrie piep kan kry. Ek sal baie graag dat iemand my uitvat as ek moet lyding deurmaak. Dis baie vernederend om bedleend te wees, en jou kinders moet jou doeke omruil en sere skoonmaak, voer en was, ens. Bring in genadedood en vinnig ook.

Oom Stof van Skoene-Afskud ·

Nou as daar mense is wat regtig ‘n genade dood moet kry is dit sekerlik mense wat jou die horrie piep gee. (Jean skud die stof van sy skoene en staan terug. Dan onthou hy die Titanic en loop ‘n entjie verder. Toe onthou hy Sodom en rol sy oë. Miskien moet hy maar baie verder weg.)

Trots voor die nederlaag. Die frons op my gesig. ·

Snaaks hoe dat mense wat hulle voor God kan verneder in bekering nie met daai probleem van toekomstige vernedering sit nie. Is ‘n liefdevolle familie nie beter as jou trots nie? Is jou siel nie belangriker as jou tydelike lyding nie? Julle verdraai alles. Moord is reg en die waarheid is horrie piep. Jesus se koms gaan waarlik baie moeilik wees vir julle :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.