Nóg een aangekeer vir Normandien-plaasmoorde

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

ʼn Jaar nadat die egpaar Glen en Vida Rafferty op hul plaas in die Normandien-omgewing naby Newcastle in KwaZulu-Natal vermoor is, is ʼn vierde verdagte in verband met hul moord aangekeer.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, is Sibongiseni Emmanuel Madondo (33) op 9 Augustus deur beamptes vasgetrek. Hy is in die besit van ʼn pistool en 32 rondes ammunisie gevind en het kort daarna in die Madadeni-landdroshof verskyn.

Hy was in polisieaanhouding en het Maandag weer in die Newcastle-landdroshof verskyn op aanklag van moord en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Maroela Media het vroeër berig dat Glen Rafferty (63) en sy vrou, Vida (60), in Augustus verlede jaar koelbloedig op hul plaas doodgeskiet is. Een van hul honde is ook tydens die aanval doodgeskiet.

Een beskuldigde, Sizwe Tell Zwane (33), het in Maart vanjaar skuld beken en is twee keer 25 jaar tronkstraf opgelê vir die egpaar se moord. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Madondo sal tot 30 Augustus in polisieaanhouding wees.

“Madondo sal dan saam met sy medebeskuldigdes, Siyabonga Macu (30) en Doctor Fikani Ngwenya (20) wat verlede jaar in hegtenis geneem is, in die hof verskyn.”

Dié saak is tot volgende jaar Januarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Hierdie vonisse wat samelopend uitgedien word is ‘n onding. Hierdie moordenaar behoort vir vyftig jaar in die tronk te sit.

Willem ·

Ag lekker. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien, maw oor n paar jaar is hy uit en hy moor weer.

Hercules ·

In ‘n bietjie meer as agt jaar is hy op vir parool , twee mense het hulle lewe verloor , wat gaan gebeur ? Vir 8 jaar gaan hy le en dink aan sy volgende moord , terwyl die belasting betaler hom voed , hy voel hy het te lank gesit (in die tronk) en gaan revence neem , die lewe was sekerlik nie te sleg in die tronk nie , kry kos ,slaap plek ens , so nodeloos om te se nog 8 jaar gaan maklik wees , net hierdie keer gaan hy meer moor want maak nie saak hoeveel hy vermoor nie die vonnis is gelyklopend , so soveel as ek kan gaan ek moor . Ons is in ‘n siek land met ‘n siek regering .

JM ·

Hulle moor darem maklik! Het nooit geleer: “Jy mag nie doodslaan nie.” Hoeveel mense moet nog in hierdie land vermoor word? Tyd dat die galg terugkom, maar of dit moordenaars enigsins sal afskrik is ‘n goeie vraag. Hulle het eintlik geen aanspraak op lewe as hulle ‘n lewe geneem het nie. Intussen moet belastingbetalers opdok vir hul “free boarding and lodging.”!

Swerwer ·

Sizwe Tell Zwane (33), sal dan 83 jaar oud wees as hy vrygelaat word, maar almal weet tog dat hy voor die tyd op parool gaan uit wees, en dit is bewys dat hul dan net weer moor. Hoe op deesaarde wil ‘n mens ‘n land red met sulke burgers.

Die ander is net sulke hopelose sake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.