Die mans wat in 2019 ʼn Oekraïense toeris op Chapmanspiek in Houtbaai vermoor het, is eindelik gevonnis.
Ivan Ivanov is meer as vier jaar gelede aangeval en vermoor toe hy in die Tafelberg Nasionale Park naby die Oos-Fort gaan stap het. Hy is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voordat die verdagtes met sy rugsak met sy persoonlike besittings daarin gevlug het.
Hy was op ʼn sakebesoek aan Suid-Afrika en het die land al vantevore besoek.
Matthew Giyo, een van die beskuldigdes, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis nadat hy in Augustus aan moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê Giyo is 25 jaar tronkstraf opgelê vir moord en 10 jaar vir roof met verswarende omstandighede.
“Die vonnisse word gelyklopend uitgedien, wat beteken dat hy effektief 25 jaar gevangenisstraf opgelê is.”
Giyo se medebeskuldigde, Sinaye Mposelwa, het vroeër skuld beken en is in Augustus in dieselfde hof 25 jaar tronkstraf opgelê.
Luidens berigte is die derde beskuldigde in die saak, Franklin Isaacs, vroeër onskuldig bevind.
Hierdie tipe moordsake is wat ons land se toerisme baie skade aandoen. Pleks De Lille maak seker toersite is veilig, maar nee, sy wil Trevor Noah op ‘n advertensie hê. Prioriteite verkeerd op haar lysie.
‘n Beter vonnis kon dalk gewees het om die skuldiges tot verpligte militêre diens in Oekraine se voorste linies te vonnis.
Hoor Hoor…. Sonder ‘n geweer…. net die skep voorwerp waarmee hulle hom vermoor het.
Patetiese vonnis . Lewenslank sonder moontlikheid van parool. Vonnise moet ook nie gelyklopend wees nie . Mense se lewes between niks !
In Skukuza se hof kry ‘n renosterstroper 25 jaar tronkstraf. Hoe werk dit? Wat sou gebeur het as die toeris Russies was. Sou Rampies se ministers nie ingemeng het nie? Die twee gaan ‘n derde van hulle vonnis uitdien by die Korrektiewe Dienste se gastehuis en san vrygelaat word op’ streng parool voorwaades’ net om weer te moor? Piesangrepubliek.
Vier jaar nog op vrye voet om potensieel 25 jaar tronk toe te gaan is belaglik kort. Dis nie lank genoeg vir die Vrou en Ma van jong kinders wat haar kroos nou self moet groot maak en verduidelik dat haar Man op’ n natuur stap in ‘n baie mooi maar onveilige land vermoor is nie.
Dis duidelik veiliger in die Ukraine as hier
Ek hoop die familie vind nou vrede. Sterkte aan julle. Ons is regtig jammer oor hierdie land se wetteloosheid en misdaad.
aaagggh asb die hof soek net geld dan hy weer vry en rond loop soos zuma maak soos hul wil