Nog een vas ná gru-moord op branderplankryer

David Wolfromm. Foto: Facebook

ʼn 33-jarige man sal Donderdag in die Simonstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op David Wolfromm (38).

Die verdagte is deur ʼn taakspan in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn op aanklag van moord, ontvoering, kwaadwillige saakbeskadiging en regsverydeling, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Dit is die tweede verdagte wat in hegtenis geneem word in verband met die moord op Wolfromm.

Wolfromm is die laaste keer lewend by Witsandstrand, naby Scarborough, gesien. Hy was vermoedelik op pad terug na sy motor nadat hy branderplank gery het, toe twee mans hom oorrompel het. Hy is glo in die kattebak van sy motor gedwing voor die verdagtes met hom weggery het.

Volgens die polisie het die verdagtes hierna twee vroue opgelaai wat besef het iemand is in die kattebak en geëis het om uit te klim. Die mans het tydens die woordewisseling met die vroue teen ʼn ander voertuig gebots.

Die bestuurder van dié voertuig het die mans gekonfronteer, maar weggery toe hulle hom na bewering met ʼn vuurwapen gedreig het. Wolfromm se liggaam is op 8 Mei in die kattebak van sy uitgebrande motor in Ocean View in Kaapstad gevind.

Stoffel Wilscuit (30) is kort ná die moord in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag in verband met die moord op Wolfromm in die Simonstad-landdroshof verskyn en die saak is tot 27 Junie uitgestel.

Wilscuit sal intussen vandag in verband met ʼn onverwante saak in die Simonstad-landdroshof verskyn op aanklag van roof met verswarende omstandighede. Wilscuit was glo uit op borgtog in dié saak toe Wolfromm vermoor is.

Daar is tydens Wilscuit se inhegtenisneming beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en Wolfromm se motorsleutel is in die verdagte se besit gekry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

‘n Brutale en Wrede land ·

My innige meegevoel aan die geliefdes van die oorledene en mag julle in hierdie moeilike tyd baie liefde en steun ontvang.

Dit is net moord en doodslag. Hierdie is die hoeveelste berig van onskuldige mense wat wreedaardig doodgemaak is. En dit raak daagliks net erger en erger.

Elke dag in Suid-Afrika is ‘n geweldige risiko. ‘n Geweldige groot risiko want die kans om lewend deur die dag te kom is maar skraal of om ‘n geliefde te verloor is die kanse groot. Hoe kom mens nog deur die dag in hierdie moordadige, gewelddadige en bloeddorstige land want mens is heeltyd onrustig en op die uitkyk is vir geweldenaars en moordenaars?

Sterkte aan almal wat in hierdie brutale en wrede Suid-Afrika moet woon. Dit sal nie beter gaan nie.

Christo ·

Dis glad nie oordryf nie word wakker lees die nuus dit word dagliks erger…. Lewe met posetiewe houding ja maar kyk dit raak darem nou baie erg

kolla ·

Korrek Lana en ek woon al meer as 50 jaar in SA. Geen hand is al op my of enige een in my familie gelê nie.

Die Verlore Skaap ·

Kolla
Sy oordryf nie.
Met 18000 moorde per jaar het jy nie nodig om te oordryf nie

Maljan ·

Ekskuus? Die vroue het besef daar is iemand in die kattebak maar nie alarm gemaak nie? Is hulle van ten minste regsverydeling aangekla? Eintlik is dit medepligtigheid aan moord.

Jane ·

Dit is omdat julle altyd vir KRIMINELE BORGTOG GEE .. terwyl ander dit ontneem word … Simpatie aan die naasbestaandes van die man wat ‘n verskriklike lyding moes gehad het.

Louis ·

Hiedie sogenaamde “borgtog” wat aan missdadigers gegee word is n absolute klug. Die misdadiger sal nie soder bewys in hegtenis geneem word nie. Transito rowers word vandag gevang, more op borgtog vrygelaat en oormore roof hy weer. Dia hele regsstelsel van polisie tot by die howe is een groot klug.

Jack Sadie ·

Jane en Louis. Ek stem. Ons howe gee te maklik borgtog en ons tronke te maklik parool. Belaglik!

tragies ·

Dit is so sinneloos. Die moordenaar kan nou sy naam verander na Salscuit.

Rita ·

@tragies. Skerp, baie skerp. Ons hoop dat dit met hom sal gebeur en hy beslis nie weer borgtog sal kry nie.

honourable member ·

Mense die doodstraf sal nooit regverdig toegepas word in hierdie land nie want glo vir my dit sal net op wittes toegepas word om ons nog verder uit te roei. Hulle sal altyd op borg uitkom .

marous ·

Uit op borg vir roof met verswarende omstandighede ? Nog ‘n onjuistisie flater , en ander moet met hul lewens boet .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.