Nóg een vas oor bedrog met voorafbetaalde elektrisiteit

Phumzile Constance Masimula (Foto verskaf deur die Valke)

Phumzile Constance Masimula (42) sal Dinsdag saam met haar drie medebeskuldigdes in die hof verskyn op aanklag dat hulle Eskom-koopbewyse vir voorafbetaalde elektrisiteit verkoop het.

Masimula is Donderdag in hegtenis geneem deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek. Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Masimula het op dieselfde dag in die Siyabuswa-landdroshof verskyn. Sy is vrygelaat op gratis borgtog.

Masimula, ʼn onderwyseres, is na bewering deel van die sindikaat wat in Middelburg, Mpumalanga, bedrywig was. Sy en haar medebeskuldigdes word daarvan beskuldig dat hulle onwettig elektrisiteit aan die plaaslike gemeenskap verkoop het.

“Hierdie intensiewe ondersoek het in 2019 begin ná ʼn fluitjieblaser die owerhede in kennis gestel het van die sindikaat se onwettige aktiwiteit,” het Sekgotodi gesê. Die ondersoekbeamptes het bepaal die groep versprei voorafbetaalde koopbewyse wat teen ʼn baie lae koste van onwettige outomatiese verkoopmasjiene aangeskaf is. Die span het transaksies van die niksvermoedende teikens gemonitor terwyl ʼn waterdigte saak teen hulle gebou is, het Sekgotodi bygevoeg.

Drie ander lede van die beweerde sindikaat, Anna Nelisiwe Mahlangu (35), Jan Mandla Mnguni (47) en Zodwa Hilda Msiza (39) is reeds op 22 Oktober 2020 in hegtenis geneem.

Van die items waarop daar tydens die inhegtenisnemings beslag gelê is, sluit in dagboeke met kliëntelyste, meternommers en verskeie elektroniese toerusting. Hulle is later vrygelaat op borgtog van R3 500 elk.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke, het die gemeenskap gemaan om nie elektrisiteit by misdadigers te koop nie, omdat dit misdaad bevorder en ʼn negatiewe impak het op Eskom wat noodsaaklike kragtoevoer moet lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maggies

Gratis borgtog? Beteken seker sy is net vrygelaat met ligte voorwaardes. Ai, hierdie regstelsel maak my kop deurmekaar.

JohanR

Seker lekker groot geskrik toe hulle in hegtenis geneem is – HAU!

SomeOne

volgende keer as ek ook vir bedrog in hegtenis geneem word, wil ek ook op, “Sy is vrygelaat op gratis borgtog” , onthou net ek is WIT

Ovelia

Dis presies wt mt ons gebeir ht. ELM, vanderbijlpark munisipaliteit het ons geld verkoop. Hul skuld ons nou al n jaar di geld. Elke maan n krediet bedrag gewys op rekening
Ewe skielik net 1 rekening wt se dis uitbetasl. Jy kry net niemand wt wil help ni. Net beloftes.

Bella

Dit gebeur beslis in Ngwathe… Spes Parys. Niemand stel belang om n einde daaraan te maak nie.