Nog een vas oor groot tenderbedrog by polisie

(Foto: SA Polisie)

Nog ʼn verdagte verskyn vandag (Woensdag) in die Pretoriase landdroshof in verband met grootskaalse beweerde tenderbedrog by die polisie.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die man het hom Sondag by die Silverton-polisiestasie oorgegee nadat hy aanvanklik inhegtenisneming oor die naweek ontduik het.

Die man staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en diefstal.

Altesaam 32 verdagtes is nou reeds in verband met die beweerde bedrog in hegtenis geneem. Die ondersoek hou verband met die toekenning van ʼn tender van nagenoeg R56 miljoen om onder meer handelsmerke op polisievoertuie aan te bring.

Vyftien van die beskuldigdes het reeds op 31 Augustus in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Altesaam 16 verdagtes is ook op 4 Junie in hegtenis geneem en sluit in ʼn afgetrede polisiegeneraal, verskeie senior en junior polisiebeamptes asook verskaffers.

Hulle verskyn aan die einde van die maand weer saam in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Genade nee en dan soek hulle 400% verhoging! Aikona ne tsek! As hulle in oranje pakkies is dan behoort 80% van die misdadigers weg te wees… Mooi by die kaders geleer

Blue Butterfly ·

@Persheks sover ek weet is dit die SAPS lede se gevaartoelaes waar hulle ‘n verhoging eis. Die gevaartoelaag is REGTIG’ n minimale bedrag en is blykbaar jare laas aangepas. Hulle eis NIE 400% verhoging op salarisse nie en ja daar is steeds goeie, eerlike en hardwerkende polisielede in diens wat onder UITERS MOEILIKE omstandighede werk.

Cornelius ·

Hierdie bedrog en diefstal in die land sal nóóit stop nie. Dis deel van die ANC se politieke ekonomiese kultuur.

Scalla ·

Nog een vas, maar niemand word gevonnis en fondse word terug verhaal nie, howe stel slegs sake uit!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.