Nóg een vas vir Centurion-aanval

Ruan van Heerden (Foto: Facebook)

Die Gautengse polisie het Dinsdag ’n derde verdagte in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn egpaar van Centurion.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê ’n 20-jarige man is vanoggend by sy werkplek in die The Grove Mall in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid in die aanval op Barnie en Magda van Heerden.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar, onderskeidelik 54 en 49 jaar oud, is Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis in Pierre van Ryneveld oorval en met ’n skerp voorwerp aangerand.

Die egpaar se seun, Ruan van Heerden (18), het reeds Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die aanval op sy ouers. Hy staan tereg op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

Ruan is ure ná die voorval in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap in hegtenis geneem waarna ’n 17-jarige meisie Maandagaand in Waterkloof, Pretoria, in hegtenis geneem is. Sy sou na verwagting vanoggend in ’n hof verskyn.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat Ruan en die meisie na bewering die egpaar oorval en aangerand het. Die twee verdagtes het daarna glo in Barnie se voertuig op die vlug geslaan. Dié voertuig is ure later verlate naby Tembisa opgespoor.

Dit is nog onbekend hoe die meisie asook die derde verdagte aan Ruan of sy ouers verwant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ekke

SIES!! Vroeg ryp vroeg vrot.

Genieve

Wonder wat sou deur die kind se gedagtes gegaan het om so iets te doen?? jou eie ouers doodmaak?

toy

Dit is kinders wat dink hulle is groot, hulle moet maar hulle straf vat soos ‘n groot mens. Om te dink iemand wat jou groot gemaak het moet jy so behandel. Dit is siek.

thelsa

Te veel geld tot kinders se beskikking stel hulle in staat met ‘n klomp goed te eksperimenteer. Hulle kan nog nie behoorlik loshande op ‘n pot sit dat dink hulle hulle is groot.

Cathy

Dis gewoonlik, as mens gaan kyk na vorige gevalle, ‘n geval van dwelm geld in die hande kry. Baie sad… Hoe voel ‘n ouer se hart as sy eie kind dit doen…