Nóg eienaars van veiligheidsmaatskappye vas

sekuriteitskamera_vuurvreters_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die reguleerder van die private sekerheidsbedryf (Psira) het die afgelope week nóg eienaars en werknemers van onafhanklike veiligheidsmaatskappye in hegtenis laat neem en talle kriminele klagte gelê teen indiwidue wat glo nie aan die regulasies van die bedryf voldoen nie.

Maroela Media het reeds berig die reguleerder het in April talle direkteure en werknemers van veiligheidsmaatskappye in Gauteng, Noordwes, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap vir die oortreding van regulasies in hegtenis geneem. Die afgelope week is op ondernemings in Mbombela (Nelspruit), Fordsburg en Randfontein in Gauteng en Port-Elizabeth in die Oos-Kaap toegeslaan. “As gevolg hiervan is 141 indiwidue in hegtenis geneem en agt direkteure of eienaars van veiligheidsmaatskappye is vasgetrek. Altesaam 174 kriminele klagte is teen dié beweerde oortreders aanhangig gemaak,” lui ʼn verklaring deur Psira.

Dié klagte sluit in veiligheidsbeamptes wat nagemaakte identiteitsbewyse gebruik en die gebruik van private vuurwapens om private veiligheidsdienste te lewer. “Uit die 508 veiligheidswagte wat ondersoek is, was 127 nie opgelei nie en 136 veiligheidswagte was nie by Psira geregistreer nie,” lui die verklaring. In Port Elizabeth is twee direkteure van ʼn veiligheidsmaatskappy in hegtenis geneem, omdat hul maatskappy na bewering nie geregistreer is nie. “Dit is ʼn ernstige oortreding en die twee is aan die polisie oorhandig,” sê die reguleerder.

Manabela Sam Chauke, uitvoerende hoof van Psira, sê alle veiligheidsdiensverskaffers is verbind tot die bedryf se gedragskode, al geld landwye afsonderingsregulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marius ·

Hoeveel polisiemanne is gearresteer omrede hulle nie opgelei is om wapens te besit nie ? Antwoord dit !

Lorna ·

En dit is laaste sien of hoor van dit
N paar Rand onderdeur die tafel en wala
Poef

Hoekom ·

Maar kom ons laat 19000 ander meer gevaarliker kriminele vry.

Botterblommetjie ·

Snaakse tyd om nou toe te slaan… Gebeur baie dinge nou… Mens wil nie paranoid raak nie… Ek pleit net heeltyd Jesus Christus se genade oor ons.

Johan ·

Klink my die klomp by Psira wil alles beheer. So wat is die klagtes nou? Hul is nie geregistreer nie en vuurwapenwet oortredings…..wel die wapenwet is net gemik teen wetsgehoorsame burgers en hoekom moet hul registreer om hul werk te doen. Magsvergryp is al wat ek raaklees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.