Nóg eis majoor se kop oor ‘haatspraak’

Majoor MV Mohlala. Foto: Via Facebook

AfriForum sowel as die VF Plus het Donderdag hul gewig agter die DA ingegooi en geëis dat daar strenger opgetree moet word teen ʼn majoor van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat slegs berispe is nadat hy hom glo aan haatspraak skuldig gemaak het ná ʼn aanval op twee wit bejaardes.

Maroela Media het Dinsdag berig Johan van Wyk, ds. Braam van Wyk (80) se seun, het op 10 Maart ʼn foto van sy pa se erg aangerande gesig op Facebook gedeel ná ʼn aanval vroeër die dag in Ysterhoutweg in Randparkrif in Randburg.

“Watter lafaards skop ʼn 80-jarige man in sy gesig terwyl sy hande agter sy rug vasgebind is? Hulle het ook sy vriend, afgetrede prof. Kobus Naude wat ʼn wonderlike man was, vermoor deur hom met ʼn mes in sy hart te steek. Hulle het met my pa se wit Mercedes-Benz C220 met die registrasienommer 004 MVW GP op vlug geslaan,” het Van Wyk in sy inskrywing gesê.

Sy plasing is wyd op sosiale media versprei en sowat 20 000 keer op Facebook gedeel.

Maj. MV Mohlala, verbonde aan die Wonderboom- militêre basis, het glo in reaksie op Van Wyk se plasing die aanvallers se optrede goedgekeur. Op sy Facebook-profielfoto wat by die inskrywing verskyn het, sit hy in sy weermaguniform met sy naam op ʼn plaatjie op sy bors aangebring.

“Die aanvallers moes sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste gesigte wat hy ooit sou sien, dié van die moordenaars sou wees en hy na sy graf kon gaan met die nagmerrie,” lui die beweerde inskrywing wat sedertdien verwyder is.

Hy het glo ook gesê: “Apartheid is in hom [Braam]. Al hierdie ou wit mense dink ons is onnosel as hulle sê hulle was teen apartheid gekant. Ons sal nie vergeet wat hulle gedoen het nie. Nou is dit die wit mense se beurt.”

Brig.genl. Mafi Mgobozi, die weermag se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê Mohlala is reeds verlede week oor die plasing berispe toe dit onder die weermagbestuur se aandag gebring is.

“Hoewel hy die plasing in sy private hoedanigheid gemaak het, is hy tot orde geroep en gewaarsku om nie sulke uitlatings te maak nie, want dit skaad die weermag se beeld. Hy is gewaarsku om die plasing te verwyder en nie weer sulke uitlatings te maak nie, anders sal tugstappe gedoen word,” het Mgobozi gesê.

Die DA het Maandag aangedui hy gaan Mohlala by die Menseregtekommissie (MRK) verkla en het ʼn skrywe aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, gerig om haar te versoek om “bewerings van haatspraak en rasgebaseerde opsweping tot geweld” teen Mohlala te ondersoek.

AfriForum het Donderdag gesê die burgerregtewaghond het Mapisa-Nqakula 90 dae gegee om redes te verskaf waarom daar nie behoorlik teen Mohlala opgetree is nie.

“Mohlala het uitlatings gepubliseer wat uiters kwetsend, rassisties en nadelig is en binne die definisie van haatspraak val,” het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, in ʼn verklaring gesê.

“Mohlala se uitlatings kom duidelik op haatspraak neer. Artikel 105(1) van die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingswet (Wet no. 42 van 2002) bepaal ook dat dit as ’n strafregtelike oortreding gedefinieer word wanneer enige lid van die SANW woorde uiter of optrede ten toon stel wat neerkom op vyandigheid, afgunstigheid of vernedering van enige persoon gebaseer op sy ras, geslag, ouderdom, taal of kultuur. Volgens dié wetsbepaling kan ’n persoon wat aan sodanige misdryf skuldig bevind word tot vyf jaar gevangenisstraf opgelê word. Die plaaslike bevelvoerder van die eenheid waar Mohlala gestasioneer is, het egter nie verder teen Mohlala opgetree nie en hom bloot berispe en vermaan om nie die SANW se beeld in onguns te bring nie.”

Die plasing wat Johan gemaak het.

Spies het gesê die doel van AfriForum se skrywe is om die minister geleentheid te gun om redes te gee vir die besluit om nie strafregtelik teenoor Mohlala op te tree nie, aangesien AfriForum beplan om die minister se besluit op geregtelike hersiening te neem indien daar onvoldoende redes vir dié besluit bestaan.

Die nuus van Mohlala se uitlatings kom in dieselfde week waarin die eiendomsagent, Vicki Momberg, vir twee jaar tronk toe gestuur is omdat sy ʼn polisiebeampte rassistiese skeldname toegesnou het.

Volgens Spies is albei voorvalle ewe onaanvaarbaar, maar is dit “skreiend dat Mohlala skotvry met haatspraak wegkom op ʼn weerlose bejaarde wat ʼn slagoffers was van geweldsmisdaad was terwyl ʼn wit vrou wat ʼn swart persoon skeldname toegesnou het vir twee jaar tronk toe gestuur word”.

“AfriForum sal alles in sy vermoë doen om die oneweredige toepassing van regsreëls te beveg en toe te sien dat gelykheid voor die reg bevorder word en sekere persone nie op grond van ras swaarder as ander gestraf word nie,” het Spies afgesluit.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Donderdag gesê die party het besluit om Mohlala by die gelykheidshof aan te kla.

“Die VF Plus beskou hierdie uitlatings as haatspraak. Dit is baie ernstig veral oor die feit dat Mohlala ʼn lid van die weermag is en soldate geensins politieke uitsprake kan maak nie aangesien hul integriteit bo verdenking moet wees om alle mense in Suid-Afrika sonder vooroordeel te verdedig,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Groenewald het gesê in die lig van die Vicki Momberg-uitspraak sal die VF Plus toesien dat dieselfde maatstawwe nou ook toegepas word op Mohlala aangesien rassisme van enige aard, ongeag jou ras, onaanvaarbaar is en as sodanig beoordeel moet word.

“Indien daar ʼn voorbeeld gemaak is van Momberg, moet daar ook ʼn voorbeeld gemaak word van Mohlala om ʼn sterk boodskap uit te stuur na die gemeenskap en veral aan alle lede van die weermag dat hulle altyd apolities en onpartydig moet wees,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Vermeendes ·

Ons voel vere vir hoe sy werk hom straf, rassisme is mos n krimenele oortreding en verdien tronkstraf soos Vici Momberg.

N Lourens Reitz ·

“hoewel hy die plasing in sy privaat hoedanigheid gemaak het” maar hy sit daar in sy ” uniform ” in sy kantoor op by die werk op die weermag se perseel en dit alles in sy privaat hoedanigheid ???

Lana ·

Hallo. Gedink ons sal “majoor” Mohlala weer op dié platform sien.
Nou sal ons sien hoe die standaard wat gestel is in die Vicki Momberg-saak op Mohlala ook van toepassing is!!

Lolla ·

Vicki was ook in haar privaat hoedanigheid! Sy was n teiken van swart kriminele. Is hulle ooit gevang?! Wie het wat krimineel teenoor arme bederfde, bevoordeelde en bemagdigde swart majoor gedoen?

Tiaan ·

Kan hy ook asb R100 duisend vir die oom betaal vir die vernedering

SA Moordmuseum ·

Skep n moordmuseum wat aanhalings soos hierdie, deur n senior weermaglid, gemaak is, as een van die hoof bewyse vir wat in SA aangaan. Laat die wereld se toeriste uitvind wat die ANC beplan.

Hendrik ·

Ek het dit my Dachau in Duitsland gesien. Die paralelle is baoe skrikwekkend

bullseye ·

Presies..daar het hy nou gese wat aangaan..wraak op blankes..

Hanna ·

Stuur hom tronk toe vir baie meer as Vici se twee jaar. Laat hom dan die oom se familie ook n groot kontant bedrag betaal! Rassiste is nie altyd net witmense nie…

PJC ·

Die vervolgingsgesag gaan niks doen omtrent hierdie majoor as die VF+ nklag lê nie. Hulle gaan die klag aanvaar en dit dan vir altyd liaseer. As iemand dan oor ń jaar of twee te ń groot bohaai maak dan het die dossier kastig weggeraak en so sal hulle aanhou totdat die saak verdwyn. Kyk maar na die talle klagtes wat die afgelope tyd deur Afriforum, VF+,DA ens. gelě is. Nog niks het met enige van dit gebeur nie en niemand kan iets omtrent dit doen nie.

Adam ·

Moenie bekommerd wees nie. Indien die NVG nie vervolg nie is Gerrie mos daar. Dalk net die regte geleentheid om te kyk of die hondjie regtig tande het.

herman ·

@PJC dis presies nes jy daar sê! Die erns van die saak hang af van die ras vat klag indien.

Lerato ·

Is ons regstelsel onpartydig?
Waarom gaan erge ongeregtigheid ongestraf?
Is sommige in SA bo en ander onder die wet?
Het ons n demokrasie?

Gert de Wet ·

Onthou net, hulle het dit reggekry dat Apartheid as ‘n misdaad teen die mensdom geklassifiseer word deur die Verenigde Nasies. Dit sal waarskynlik uitspeel dat hy nog ‘seer’ het oor die misdaad wat ons as blankes teen hom gepleeg het. Daarmee gaan hy wegkom. Onlangs met ‘n Amerikaner gepraat. Hy reken niks wat die witman doen, kan die skade wat ons die swartes ‘berokken’ het, wegneem nie. Intussen het die koms van die wit Europier hulle net bevoordeel. Maar wie sal my nou glo?

Johan. H. ·

Daar buite is mense wat ,wat sou gee om in jou rang te kon staan, maar dit wys jou al gee n mens julle alles self bbbeee julle weet nie hoe gelukkig is jy nou se dae om so werk te kon he nie al is dit in die sat weermag.. Nou dink ek aan Vicky Momberg, Doodskis 2 en Penny sparrow,, Kom ons kyk,, Dink daaie regtertjie was onder gekwalifiseerd in haar pos ieg, van die momberg saak,,Ons hou hierdie saak noukeurig dop,,,,

Rynhardt ·

Ek wil sien of majoor ooit tronkstraf gaan kry.Ons mense is hopeloos te sag in SA!Kry liewer Vicky uit die tronk!Blankes moet altyd vervolg word,maar nie mense wat die regte velkleur het nie.???????????????????????

Ek ·

Ek stem saam maak van hom ‘n voirbeeld nes van Vicky Momberg en Penny Sparrow. Waar het hulle geweld aan geblaas. Stuur sy boodskap die hele buiteland vol. Maar stuur ook die wit LP van wat gesê het hulle die ANC moet aangaan met die grondgrype en sorg dat hulle die “prime land” gryp ook na die buiteland dat hulle kan sien wie sit agter al die onluste in die land dis nie net die EFF nie maar ook die ANC hoog heilig soos hulle is

Peet ·

En wat van Malema se daaglikse haatspraak en aanhitsing om witmense aan teval. Wanneer kry hy sy dag in die hof ? Afriforum, wanneer doen julle iets teen hom ?

Pieter ·

Die fout is nie by Afriforum nie. Kry jouself ingelig oor alles wat hul reeds doen.

LINETTE SAUER ·

Weermagslede mag doen en sê wat hulle wil. In die siviele wêreld is hulle onaantasbaar. Maak nie saak wat se ras jy is nie.

Tammy ·

Kla hom aan vir poging tot moord ook. Kyk hoe is die oom geskop…dis om hom dood te skop, dit was nie n speletjie nie. Ook n klag van haatspraak met tronkstraf. Buitendien wat soek so n persoon in die SANW????????????????? Ek vra weer, hoe word hierdie mense in diens geneem.. se my asseblief…..

snoefie ·

hy is n koloznel in die weermag. rassisme behoort nie eers bt n korporaal geduld te word nie, hoe is dit verskoonbaar by n kolonel?

Johanna Botha ·

Mens moet n klag le by die MRK of by polisie …alegs dan word dit ondersoek ….hy moet volgens my Vicky se pad loop …dan word almal onder dieselfde kam geskeer …so hy moet ook gaan sit langs Vicky

msp ·

Dankie vir almal wat saamwerk om die rassis vas te pen. Hou ons asb op hoogte.

boerseun ·

Mense kom by. Ons het geen reg in die land nie. Die pikkewyn en sy vriende sal niks oorkom nie. Vergeet van geregtigheid en gelykheid. Vergeed van vrede. Dit is een groot leeun. Die afrikaner kan nie saam staan nie. So besluit maar in watter rigting jy gaan hardloop as die tyd kom. En dis baie naby .

Kwaad ·

As dit ‘n blanke offisier was wat dieselfde tipe woorde in verband met ‘n swart persoon gesê het was hy nou al in die tronk. Hy is berispe as oë verblindery. Al wat dit sê is dat sy hoofde en die ANC regering dit wat hy sê goedkeur en stilswyend saamstem. Die land se regering soek ons dood en keur die moord en marteling van ou mense goed.

Jannie ·

Ek stem saam met Boerseun, ons het probleme en dis baie naby, ek is bevrees tyd gaan teen ons tel om ń oplossing en/of heenkome te vind.

Marius ·

Jammer mense, ek gaan nou die brief vir die majoor in Engels skryf. Ek wil hê hy moet my goed verstaan…

Dear major. I was a soldier who was trained in Wonderboom military base. At the time, Wonderboom military base was one of the most “paraat” bases of all in the SADF. We won the national drill competition 4 times in a row, which is an achievement you will most probably not understand… I don’t know if you know what the meaning of “paraat” is! It is very difficult to describe the word in English. I think the most appropriate word would be “ready”. Anyway, the moment I saw your picture in the news, I immediately realised that you were not trained there, nor did you achieve your rank under the same circumstances I was used to in the army. You are very fat, your clothes are not ironed properly like we used to do it in 5 signals regiment. The way you are laying in your chair tells me you are a very lazy man
It seems to me you have no self esteem. I would be very scared to go to war with you, because I believe you won’t be able to lead any unit into battle. Your image does not reflect “paraatness”, so you should be given ‘n session by the corporal. I don’t like your face, and you seem weak. The General should’ve fired you years ago…

Ronnie) ·

Ai, Marius, hierdie skrywe is pure verniet wat die majoor lees duidelik nie MM nie. Hy sal ook glad nie verstaan waarvan jy praat nie, want hy lyk duidelik nie na ‘n trotse SANDF lid nie. Trotse mense is fier en regop, hulle dwing respek af en is nederig. Hierdie ene het daai kwaliteite gemis. Shame. Maar hy is ‘n hero want hy kan weerlose oumense beledig.

John ·

Marius, Ekself was in 5 sein regiment Wonderboom gewees baie jare terug. Seker die trotste en beste regiment wat ek geken het. Ja die ou sou dit nie gemaak het nie. Hy sou beslis die slapgat squad gemaak het

Marius ·

Hy kan bly wees hy was nie in die regte weermag nie. Hy sou beslis nie so gelyk het nie.

Oom Kalahari ·

Swem Jannie swem. Met die Majoor se rassehaat en uitsprake laat mens dink met sy rang kan hy nogal baie inligting en verskaffings deurgee tot hierdie tipe van optredes. Kom voor of daar nou al m. Bendes in weermag ontstaan.

Jobee ·

Nou ja, hier sit ons en lees almal se kommentaar en voel so ongelukig. Ek stem met alles saam wat almal sê en hoe almal voel. Dit wat hierdie majoor gesê het, het hom nog ‘n sterretjie op sy skouer laat bykry, hy kan moontlik nog in die parlement daaroor opeidig. Hy het mos nou bewys hy is nie bang om sulke uitlatings oor wit mense te maak nie en hoe hulle behadel moet word nie. Daar gaan niks met hom gebeur nie “Mark my words” Hy is nie eers waardig om ‘n troep te wees nie… wat nog van ‘n goor majoor.

Die Kryger ·

Sou hom graag wou sien in volle aanvalsdrag en webbing met n R 1 en staaldak op n 2,4 SWARTSLANG Julle weet mos ons regte manne wat in die army was. Daardie teerpad daar verby die fonteine. Ai ai ai. Daars bloed gesweet. met ons PTI hy sal weet wat dit isom so te hardloop en te sing nie

Herman ·

As ek so na baie van die kommentare lees sien ek mense glo nog steeds in “kla hom aan by die MRK”, lê ñ klag!”, maar as hy (majoor) wit was sou..” Bring die doodstraf terug”, hy moet ook soos Vickey vervolg word!” Blablabla. Word wakker mense! Die Witman het nie meer regte in die land nie. MRK gaan NIKS doen. Polisie sal ook nie vervolg as jy wit benadeelde is nie. Dankie VF vir julle pogings !

Boeremeisie ·

Hoekom word die saak nie na die Equity Courts verwys nie. Kan Afriforum of Solidariteit nie plan maak nie? Die verskil tussen Sparrow/Momberg en hierdie trawant/bullebak is dat iemand Sparrow/Momberg actually hof toe gesleep het. Hoekom doen iemand nie maar dieselfde met Kaptein Onmenslik nie?

GAB ·

2 jaar tronkstraf vir hom. Vici het gekry, dus geld dit vir hom ook

Johan ·

Net n vraag. Ek is nie n prokereur nie maar wil graag weet na die hele Momberg storie, kan daar nie n “class action lawsuit” teen sekere EFF amptenare in gele word vir haat spraak teen wit mense nie? Ek bedoel die vrou moet daardie man 100k betaal vir haatspraak so dra dit nie mariete met die presedent wat nou gestig is nie? Regsgelleerdes asseblief….

Marius Viviers ·

‘n President is geskep met Vicky Momberg se vonnis. Kan Agri forum nie ‘n klag teen Malema maak nie?

Vra maar net ·

Wil maar net vra hoeveel van julle wat nou so baie te se het het n saak by die polisie gaan oopmaak teen die man? Dis ons reg en die polisie moet die saak ondersoek…..
Of gaan julle nou agteruit sit en wag vir afriform waarvan meestal van julle nie deel van is of ondersteun om iets te doen?

carel ·

wil iemand my wed dat hy kort voor lank n bevordering gaan kry. hy is alreeds in die vinnige baan om uit te styg bo die ander

HPV ·

Maar net nog ‘n teken van nog ‘n nuttelose lamsakige Afrika weermag. Rassisties en onbevoeg.

Jeanette Daniels ·

Baie jammer vir Vicky. Baie onregverdig. Het ook in apartheid groot geword maar weier dat haat my verteer. Lewe is te kort.

Johanné steyn ·

En wat van Velaphi Khumalo wat suspend is met volle betalng, en weer terug is by die Sport plek waar hy werk? Hy het gesê dat Wittes “must be skinned live and there children must be used as fertiliser, like the jews. Kan hy ook asb vervolg word?

Pine Pienaar ·

Vicki se “oortreding” was op een persoon gerig met skelwoorde. Die majoor se uitspraak is op slagoffers gerig. Dit maak hom aandadig aan die aanvalle. Bo
en behalwe dit is hy ook skuldig aan aanhitsing van ‘n erg rassistiese aard. Dit verdien R150 000 per slagoffers plus 5 jaar in die tronk nadat sy blinkertjies afgeskeur is agv oneerbare gedrag wat die weermag se naam beswadder het.

Geskok ·

Ons wag in spanning om te sien of hierdie rassis gestraf gaan word.

Waarheid maak seer ·

Wat van Malema. Hy kan net se wat hy wil en niks gebeur met hom nie. Wanneer gaan hy tronk toe vir al die haatspraak. Maar wanneer hy praat is dit mos freedom of speach.

Sarel Pretorius ·

Ook moet hy voor dieselfde voorsittende beamte verskyn wat Momberg gevonnis het. Die uitkoms sal interesant wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.