Nog #FeesMustFall-betogings dalk op pad

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die South African Union of Students (SAUS) het Woensdag in Pretoria tydens ʼn voorlegging aan die kommissie van ondersoek van die departement van hoër onderwys geïnsinueer dat ʼn tweede reeks massabetogings oor universiteitsfooie kan volg.

Sthembiso Ndlovu, SAUS se sekretaris-generaal, het gesê die vakbond is baie teleurgesteld in die stadige vordering van die kommissie en die “arrogansie” van die voorsitter, regter Jonathan Arthur Heher. “Ons is baie teleurgesteld en ons stel dit op rekord dat ons massas mense agter ons het. Ons sal in die strate ontmoet,” het hy gesê.

“Hulle sê nou al die afgelope ses maande aan ons dat hulle die logistiek probeer uitsorteer. As vakbond gaan ons dwarsdeur hierdie land reis om met studente by instansies van hoër onderrig te gesels. Ons sal aan hulle sê wat vandag hier gebeur het.”

Ndlovu het gesê daar sal tydens hierdie massavergaderings besluit word op die studente se volgende stap. “As die studente sê, nou maar goed, kom ons gaan studeer by die Uniegebou of kom ons gaan studeer by die parlement, wie is ons om nee te sê vir die mandaat wat hulle aan ons gee? Ons is baie teleurgesteld.”

Die SAUS was die eerste groep om ʼn voorlegging aan die kommissie van ondersoek te maak oor die kwessie van finansiering vir tersiêre onderrig. Nadat vier verteenwoordigers van die SAUS hul voorlegging gemaak het, was hulle baie ontsteld omdat die kommissie geen verdere vrae aan hulle gestel het nie.

“Hoe kan die kommissie van ondersoek nie een enkele vraag hê nie?” het Misheck Mugabe, die SAUS se tesourier-generaal, gesê. “Dit voel asof ons nou in die kerk is waar die dominee preek en ons sê amen en gaan huis toe. Wat dink hierdie paneel van kundiges van ons voorlegging? Ons wil weet wat hulle dink, want hulle is die kundiges wat deur die president aangestel is.”

Pres. Jacob Zuma het in Julie die sperdatum vir die voltooiing van die kommissie van ondersoek se werk verleng. Die kommissie, wat op die been gebring is ná die landwye betogings by universiteite verlede jaar, moet nou teen 15 November vanjaar ʼn voorlopige verslag aan die president lewer.

Verskeie universiteite moes verlede jaar gesluit word nadat die #FeesMustFall-veldtog al hoe meer uitgebrei en studente selfs die parlement bestorm het. Dit het daartoe gelei dat Zuma aangekondig het dat geen fooiverhogings vir die 2016 akademiese jaar toegepas sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Azuni ·

Solank die vrye onderig vir alle rasse goed gekeur word. Maar ons weet dit gaan nie gebeur nie.

Peter ·

Dis wat gebeur wanneer leë beloftes gemaak word deur onbevoegde persone om ‘n meerderheidstem te probeer verseker………wat toe duidelik ook nie gewerk het nie. Hopelik sal daar voorkomend opgetree word om vandalisme, intimidasie, aanvalle op mense en beskadiging van private eiendom te voorkom en rnstig opgetree word teen diegene wat dit doen en aanhits. Zuma kan gerus uit sy persoonlike rykdom ‘n hele paar studente se onderrig befonds. Verkoop Nkandla dan an daar baie studente van ALLE rasse vir ‘n hele paar jaar gratis onderrig kry.

Koos ·

Ek dink sekere studente verstaan nie die konsep van iemand moet betaal nie en van die politieke leiers se siening van gratis dit en gratis dat help ook nie……….nog ‘n rede hoekom ons solidariteit/Afriforum moet ondersteun vir die Afrikaans sprekende se behoud.

Anton ·

Dis wat gebeur wanneer leë beloftes deur ‘n onbevoegde persoon gemaak word om ‘n meerderheidstem te probeer verseker……wat toe duidelik ook nie gewerk het nie. Hopelik sal daar voorkomend opgetree word om vandalisme, besladiging van privaat eiendom, aanvalle teen mense en aanhitsing te voorkom en ernstig teen oortreders opgetree word. Zuma moet persoonlik verantwoordelik gehou word en sommer sélf ‘n paar studente se onderrig befonds uit sy persoonlike rykdom wat hy homself verseker het die afgelope paar jaar. Verkoop Nkandla wat met die belastingbetaler se geld befonds is. Dan kan studente van ALLE RASSE studente vir baie jare gratis onderrig kry

christine ·

In hierdie land harloop elke belasting betaler met 18 van die werkloses op sy/haar rug rond, geen wonder n ou is so moeg nie. Gaan kyk gerus in die sielkundige hospitale hoe le hulle daar party vir vakansie en om net bederf te word. Vra rond almal ly aan een ding “Die stress” omdat sommiges net in poste geprop word wat hulle net nie kan baas raak nie. Die mediesefondse kan dit net nie meer bekostig nie en werklike siekes ly daaronder wat die fondse is alewig uitgeput

Lance ·

Daar het julle dit nou met julle valse verwagtinge skep en toe kry julle maar nogsteeds n bloedneus by die stembus ….maar die probleem is nou net groter ….hoe kan dit verniet wees …gaan onderwysers en lektore nou verniet klas gee ….not gona work !

Jordaan ·

Hierdie kommissie is onnodig, dit is tog gekheid om te dink SA kan dit bekostig.

Jakkalas ·

Dis taboe vir gratis naskoolse onderwys. Eerstens kan die ekonomie dit geensins volhou nie. Skool onderwys kan hul gratis maak maar daarna moet mense uithaal en wys. As daar wel belowende studente is stel beurse beskikbaar waarvoor aansoek gedoen word. Hoe op des aarde vrrklaar mens dat net minder as 50% van studente by Wits graad vang? Dit wys jou net………..

Irene ·

Man sluit alle univ elkeen moet maar privaat gaan leer en daarna by sekere punte eksamen skryf

John ·

Ja-nee die eindeksamens is mos weer amper voor die deur… ek bedoel staaktyd… Is daar darem nog ‘n goudstafie of twee oor in ons skatkis, of het die soustrein al almal opgebruik om sy swaar vrag lekkerryers na lekker poste en lekkerlewe-luukses te karwei? Anders waarmee gaan ons die miljoene studente van 18 tot 80 wat nou gaan opdaag op die kampusse vir 10 jaar of so, se drome verwesenlik? Dit sluit in blyplek en kos… en kos, tablette, internetttyd, vervoer, verblyf, kleregeld, mediese dienste, drankgeld en stakingssubsidies (moenie dink dit gaan ophou nie).

snoefie ·

van wanneer af het n student n unie nodig? HELLO???? hoekom het geen universiteit Nig n eis vir skadevergoeding teen die nou selferkende unie SAUS ingestel nie? die howe het mos gese die unies is verantwoordelikheid vir die skade wat hulle lede aanrig. dalk kan solidariteit en afriforum hulle hof toe been aangesien die universiteite nie velangstel om reg te laat geskiet nie. while ur at it, eis sommer vir die standbeelde wat beskadig en verwyder is.

Jeanne ·

Hoekom betoog hulle by die universiteite, hoekom nie by die HUISE van die grootkoppe in die Onderwysdepartement nie, ministers en adjunkte en die manne wat die besluite maak, hoekom ander studente en dosente ontwrig? Ek het geweet hierdie stakings gaan net toeneem, want elke keer kry hulle hulle sin. Die probleem is die ANC het FREE EDUCATION aan almal belowe as hulle vir hulle stem, en hulle wag nou nog vir daardie gratis onderrig, en alhoewel 80 % van die ondersteuners seker reeds beurse het, wil hulle nog die laaste bietjie uitdruk en dit wat staan afbreek, net om ‘n punt te bewys. EK sal bekommerd wees as ek moet dink dis die TOEKOMS van Suid Afrika, die jeug, die jongmense wat binnekort die arbeidsmark moet betree wat so tekere gaan, wanneer begin hulle met hulle truuks by die werk?

Ouma mix ·

Maak toe die universiteite vir diegene wat nie wil betaal nie ekt geleer mens kry nix verniet nie jy moet werk daarvoor

Berhalet Beukes ·

Dis reg… Gee gerus gratis opleiding aan almal wat ‘n gemiddeld van 80%+ kan handhaaf. Indien nie, betaal maar soos die res van die witmense moes betaal het al die jare!

m ·

Ag liewe hel hier kom nou weer ronte 2 van afbrand, opneuk… Meeste van hierdie mense weet nie eers waarvoor hulle moet afbrand nie…. O behoed ons.

Penellope Jones ·

Nou hoe gratis wil hulle leef?
Gratis verblyf? Gratis Vervoer? Drie gratis etes 7 dae per week? Gratis ontspanningsfondse, gratis water, gratis elektrisiteit, gratis klere? Gratis vakansies?

Daenerys Targaryen ·

Blink plan: Verskaf gratis tersiëre studies dan kan hulle wanneer hulle begin werk sommer gratis werk dan kyk hulle of hulle gelukkig gaan wees.

Slakgif ·

Hulle moes uit die staanspoor uit nie gehoor gegee het aan die fee smust fall betogings nie. Die betogings gaan nou ‘n jaarlikse instelling raak, want nou het die (probleem) studente gesien dat hoe meer hul verniel en vernietig hoe vinniger word daar aan hul eise gehoor gegee. Die regering het ‘n monster geskep wat hulle nie nou maklik gaan stop nie.

Griki ·

Wat? ‘n Vakbond vir studente? Wat is volgende – ‘n vakbond vir boemelaars en bedelaars?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.