Nóg foto’s: Talle reeds vas vir geweld, oproer

Betogings in Durban-middestad. (Foto: AFP)

Altesame 219 mense is teen Maandag in Gauteng en KwaZulu-Natal in verband met gewelddadige betogings in hegtenis geneem. Ses mense is reeds dood in voorvalle wat met die oproer verband hou.

Die chaotiese betogings woed sedert die naweek in dié provinsies onder die vaandel van oproepe dat oudpres. Jacob Zuma, wat verlede week sy tronkstraf begin uitdien het, vrygelaat moet word. Talle ondernemings is intussen geplunder en besteel, voertuie en vragmotors is uitgebrand en verskeie nasionale paaie is versper en beskadig.

’n Polisiebeampte by die Lotsoho-winkelsentrum in Katlehong. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Luidens ’n verklaring deur die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur (Natjoints) is ontplooiing na gebiede wat deur die voortslepende betogings geteister word, verhoog en werk die polisie onverpoos om die situasie te ontlont.

’n Ondersoek is intussen ook na die dood van vier mense in Gauteng en twee in KwaZulu-Natal van stapel gestuur.

Winkels is in Durban-middestad geplunder. (Foto: AFP)

Volgens kol. Brenda Muridili, Natjoints se woordvoerder, is die liggaam van ’n veiligheidswag met verskeie beserings Sondag in Jeppestown gevind.

Die polisie is op dieselfde dag na die Alexandra-kliniek ontbied waar ’n persoon aan veelvuldige skietwonde beswyk het. Later die dag is nog twee lyke in onderskeidelik Dobsonville en Germiston, albei met skietwonde, gevind.

Verder word die dood van twee mense in Inanda en Umbilo in KwaZulu-Natal ook ondersoek.

’n Toneel word afgebaken waar ’n betoger by die Lotsoho-winkelsentrum in die Katlehong-nedersetting dood is. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

“Die polisie in dié provinsies het in samewerking met die onderskeie metropolisie-afdelings sigbaarheid en paraatheid in gebiede waar betogings en opportunistiese kriminele aktiwiteite voortduur, verhoog.”

Muridili sê voorts 25 verdagtes is onderskeidelik in Alexandra en Jeppe in Gauteng in hegtenis geneem nadat hulle glo paaie versper en ondernemings geplunder het.

“In Jeppestown het die polisie sewe mense in hegtenis geneem nadat hulle glo ondernemings geplunder het. Die polisie het ook meer as 300 mense verjaag wat die M2-hoofweg in Jeppe versper het.

’n Uitgebrande voertuig in Jeppestown. (Foto: Emmanuel Croset / AFP)

“Nóg 18 mense is in Alexandra in hegtenis geneem, waarvan 16 inhegtenisnemings met die skiet van ʼn polisiebeampte verband hou.”

Dit volg ná ’n groep van sowat 800 mense op die polisie afgestorm het.

“Natjoints werk onverpoos om die operasionele kapasiteit op provinsiale vlak te verhoog waar mense oënskynlik die oppergesag van die gereg ondermyn en nasionale rampregulasies oortree.

“’n Waarskuwing is ook uitgereik aan diegene wat geweld en wetteloosheid aanhits. Strafregtelike aanklagte teen mense wat hulle hieraan skuldig maak, word nie uitgesluit nie,” sê Muridili.

In ’n video wat intussen op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe verskeie mense oënskynlik buite ’n Makro deur ’n veiligheidsmaatskappy aangekeer is nadat hulle glo dié winkel geplunder het.

Dit is in hierdie stadium onduidelik presies watter Marko dit is en of dié mense formeel in hegtenis geneem en aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Corne123 ·

Ag en wat gaan gebeur met hulle?
Niks kyk maar niks gaan gebeur nie.
Hoek kan die minister nog in sy job wees dit duidelik geen wet en orde onder sy beheer nie

Leana ·

Hulle gaan soos boetie Carl net ‘n waarskuwing en ‘n boete kry en dan kan hulle maar weer aangaan.

N ·

n tik oor die vingers, ANC hempie en mooi vra dat hulle dit nie weer moet doen nie.

Tipper ·

Hulle is n oormag,wonder wie gaan hulle keer,waar is die dapper manne,tot die wilde diere loop nou al in die veld.

Daniel ·

Julle nuus is nie op datum, daar is noodtoestand afgekondig in KZN en die weermag is ontplooi in KZN en Gauteng

Dup ·

Pragtige land waarin ons bly….alles is rustig en vreedsaam….almal het werk…daar is geen misdaad….almal het huise om in te woon en ons het genoeg water en elektrisiteit……dit was toe net n droom.

N ·

Snaaks hoe ons voor ‘94 baie baie baie nader was aan al die bogenoemde.

Kobus ·

Watse mandaad gaan die SAW kry? Hulle mag nie skiet want die MRK en BLM sal weer mal raak.Ek stel voor die plunderaars word via die waterkanonne met gekleude water bespuit wat uitkenning sal vergemaklik.Dalk het CR geweet dit kom , daarom het hy 19,000 gevangenis laat vrylaat.Dit is ‘n skande soos die mense onskuldige mense se eiendom plunder

Stephen ·

Die Polisie se persepsie van”Catch & Release” program

koos ·

Kom nou, nar met jou hoed, los die witmense op die strand nou uit want elders brand die land! Of gaan jy en sis malema weer by ouboet tee drink in Estcourt?

Kokerboom ·

Vraag is ..Hoekom is NIE voorsorgmaatreels getref om plundery te keer. Teen die tyd weet polisaie nou al !!!! Wat is fout met Polisie?
Waarom is Weermag nie lankal ontplooi? Moet chaos en plundery altyd eers plaasvind voor aksie?

Grassie ·

Ek dink nie daar is veel fout met die polisie wat wel op die onderskeie tonele aan diens is nie. Hulle is net totaal in die minderheid en hul optrede word erg aan bande gelê deur die toerusting wat hulle mag gebruik. Hulle mag mos nou gladnie die arme onskuldige peoples dalk seermaak nie. Ek dink die enkeles wat wel daar is probeer hul bes.

Johann ·

Liewe wêreld daar buite . Dis hoe die REGTE en huidige RSA lyk. Die een wat Ramapoza en sy anargie najaende ANC aan julle wil verkoop om in te belê. TEKSBOEK ANARGIE!!!!!!

Danny ·

SLEGS vas vir die MEDIA en publeke oogpunt.. daarna hoor jy nooit weer van sake nie. Vas en uit binne ‘n paar uur.. om net weer voort te roof en plunder. Tragiese SA.

Jannie van Niekerk ·

En om “lewens te spaar” gaan hulle ONVOORWAARDELIK vrygelaat word.

Cherokee ·

re:
In ’n video wat intussen op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe verskeie mense oënskynlik buite ’n Makro deur ’n veiligheidsmaatskappy aangekeer is nadat hulle glo dié winkel geplunder het.

Dit is in hierdie stadium onduidelik presies watter Marko dit is en of dié mense formeel in hegtenis geneem en aangekla is.

*******************
Dit kan die Makro wees in Springfield (uMgeni Park) Durban.
******************************************************************

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.