Nog geen aanduiding van wanneer SA’ners terugkom van China

Die ontspanningskip, Diamond Princess. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Die Suid-Afrikaanse regering het nog nie ʼn perseel geïdentifiseer waar Suid-Afrikaners wat uit China teruggebring moet word, in kwarantyn geplaas kan word nie. Dit is dus steeds nie duidelik wanneer dié groep van ongeveer 184 Suid-Afrikaners teruggebring word nie.

“Onderhandelinge met diensverskaffers oor wat as kwarantynarea moet dien is nog nie afgehandel nie en geen spesifieke plek is nog geïdentifiseer nie. Die tegniese span werk hard om hierdie kritieke besonderhede te finaliseer. Hierdie werk sal in die nabye toekoms afgehandel word,” sê die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (Natjoints) Donderdagoggend in ʼn verklaring.

Natjoints het ook onthul dat die twee Suid-Afrikaners op die skip die Diamond Princess, wat aanvanklik positief getoets het vir die koronavirus, intussen negatief getoets het en binnekort sal terugkom huis toe.

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn week gelede aangekondig dat Suid-Afrikaners in Wuhan, waar die Covid-19-virus in Desember uitgebreek het, na Suid-Afrika teruggebring gaan word. Meeste van dié mense is studente, onderwysers en ander professionele mense wat tans in Wuhan werk. Sewe Suid-Afrikaners het gekies om in Wuhan agter te bly.

Die regering sou Maandag reeds ʼn datum vir die repatriëring bekendmaak. Natjoints sê die logistieke planne is in ʼn “gevorderde stadium”. “Ons het reeds die vliegtuig bekom met genoeg plek om al die Suid-Afrikaners terug te bring. Lede van die Suid-Afrikaanse regering sal ook saam met die Chinese regering werk om hierdie mense na ʼn sentrale punt te bring en vir die virus te toets voordat hulle oorgebring word,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HOOP ·

Los hulle net daar vir nou asb. “een” geval is al klaar te veel vir ons land om te hanteer…………

Jan ·

Tipies ANC – wonderlikste planne in plek vir alles – maar die uitvoering daarvan bly ‘n probleem want dit behels gewoonlik WERK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.