Nog geen ampsdraers in KZN-munisipaliteit toe EFF hofbevel bring

Foto: @mbedziir, Twitter

Foto: @mbedziir, Twitter

Die verkiesing van ampsdraers by die Nquthu- plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal moes weer uitgestel word nadat die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) aansoek gedoen het om ʼn hofbevel.

Die EFF het sy proporsionele raadslid geskors en wou dié raadslid vervang. Die persoon het egter ʼn hofbevel bekom teen sy skorsing. Die leierskap van die EFF het gevolglik die hof genader om die geskorste lid te verhoed om sy setel in die raad op te neem.

Volgens ʼn verklaring van die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake het die EFF se hofbevel verhoed dat die vergadering kon voortgaan. “Volgens die voorlopige inligting wat ons ontvang het, is die vergadering, wat om 10:00 begin het, verdaag weens ʼn partykwessie binne die EFF,” het Nomusa Dube-Ncube, provinsiale LUR van die departement, gesê.

“Die raadslid, mnr. Ntshangase, wat deur sy party verwyder is, het aanvanklik ʼn hofbevel gebring om hom te bevestig as die regmatige raadslid. Die EFF het egter ʼn hofbevel bekom om alle munisipale vergaderings op te skort hangende ʼn uitspraak oor die dispuut in die EFF,” het hy gesê.

Die EFF was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Die EFF, die Demokratiese Alliansie en die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het ʼn enkel setel meerderheid oor die alliansie van die ANC en die National Freedom Party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.